Die 15de aflewering van die Universiteit van Stellenbosch (US) se Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie, aangebied deur die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking, sal vanaf 24 – 26 Oktober 2022 plaasvind.

 

Die Universiteit Stellenbosch Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking kondig graag die 15de aanbieding van die jaarlikseAkademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)-konferensie aan. Die doel van die konferensie is om ‘n ruimte te skep waar akademici bymekaar kan kom om onderrig, leer en assessering by die instelling te deel en te vier.

Vir meer inligting oor die 2022 SoTL-konferensie-paneellede en Keynote, klik hier.

Afgevaardigdes het tot 21 Oktober om te registreer. Vir meer inligting oor
hoe om te registreer, klik hier. Alle konferensieopdaterings sal gereeld op hierdie platform en deur die US-webwerfkennisgewings gelaai word.
Die sperdatum vir die indiening van abstrakte is tot 2 September 2022 verleng.  Klik hier oor hoe om jou referaat in te dien.

Die 2022 SoTL-konsepnota is hier beskikbaar.

Vir verdere inligting stuur ’n e-pos aan Dr Anthea Jacobs by jacobsa@sun.ac.za.
[Neem asseblief kennis]
Die interne konferensie is gratis is en bywoning is uitsluitlik  vir Universiteit Stellenbosch akademici.

Om ’n idee te kry van vorige konferensies, kliek hier.