Welkom by die 2024 Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie Webwerf!


Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking kondig graag die 17de aanbieding van die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)-konferensie aan. Dit sal plaasvind vanaf 4 – 6 November 2024 by die Protea Hotel by Marriott Stellenbosch in Technopark. Die interne konferensie is gratis is en bywoning is uitsluitlik  vir Universiteit Stellenbosch personeel. Vir navrae oor studente deelname, e-pos gerus sotl@sun.ac.za.

Die doel van hierdie konferensie is om ‘n ruimte te skep waar akademici bymekaar kan kom om onderrig, leer en assessering (OLA) by die instelling te deel en te vier. Dit bied ‘n platform waar akademici:

  • Goeie praktyke, navorsingsbevindinge en innoverende idees oor OLA kan uitruil;
  • OLA-metodes, -tendense en -doelwitte in die huidige konteks kan oordink en bespreek; en
  • OLA-prestasies kan vier.

Dié jaar se tema is Ter wille van geïntegreerde studentesukses: die verkenning van OLA-konseptualiserings en -praktyke aan die US.

ʼn Hoofredepaneel bestaande uit studente word ingesluit en gekeurde studenteverteenwoordigers sal ook genooi word om die hele konferensie by te woon en insette te lewer. Van praktiese klaskamervoorbeelde tot vakkundige navorsing tot voorgenome OLA-idees en -projekte – ons sien daarna uit om ons begrip en praktyk van geïntegreerde studentesukses uit te brei, en om te leer en te deel.


Registrasies oopAbstrakte verskuldigRegistrasies sluit
1 Julie 202430 September 202414 Oktober 2024 17:00
Vir meer inligting, klik hierVir meer inligting, klik hierVir meer inligting, klik hier
  • NEEM KENNIS: Ons wil graag die nasien en terugvoer van abstrakte versnel. Om dit te bewerkstellig sal elke indiening onmiddelik aan ‘n nasiener geallokeer word. Maak asseblief daarom seker dat die abstrak volledig en korrek is wanneer dit ingedien word, en dien dit asb. gouer liewer as later in.
  • Vir verdere inligting, stuur gerus ‘n e-pos aan Magriet de Villiers by sotl@sun.ac.za.