- Kyk gerus na Die Navorsingsruimtemodel (Die navorsingsruimtemodel (CARS-model), wat stapsgewyse leiding vir navorsing in onderrig gee, en van hulp kan wees met die skryf van die abstrak. Die SOL-adviseur in jou fakulteit is ook beskikbaar vir ondersteuning met die skryf van jou abstrak.
- Let asseblief daarop dat die hoofnavorser daarvoor verantwoordelik is om die nodige (1) etiekgoedkeuring en/of (2) institusionele toestemming te bekom, en te sorg dat daar aan (3) die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPIA) voldoen word. Kliek hier vir meer inligting.
- Die abstrak kan ‘n maksimum van 250 woorde wees. Die sperdatum vir die indiening van abstrakte is 30 September 2024.