Abstrakte

Klik hier vir die 2022 SoTL konferensie abstrakte boek!

(slegs in Engels beskikbaar)

____________________________________________________________________________________

 

ALGEMENE INLIGTING

Die 2022 US AvOL hibriede konferensie bied aan akademici die geleentheid om te reflekteer en hul innoverende leer-, onderrig- en assesseringspraktyke te deel.

Personeellede van die Universiteit Stellenbosch word genooi om abstrakte in te dien oor die aspekte van onderrig en leer in hoër onderwys, d.i. voorgraadse en nagraadse onderrig, asook voortgesette professionele ontwikkeling.

Jy wil dalk jou ervaring kom deel oor ’n nuwe of innoverende aspek wat jy in jou onderrig- of assesseringspraktyk probeer het. Het dit gewerk of nie? Miskien het jy ’n grootskaalse behoeftebepaling gedoen wat verwant is aan jou onderrig of jy het op iets interessants afgekom tydens die ontleding van die resultate van jou studente se assesserings. Het jy in samewerking met ander kollegas in jou departement, fakulteit, of selfs oor dissiplinêre grense heen ’n onderrigverwante aspek ondersoek? Het jy navorsing gedoen oor jou onderrig of assessering? Of dalk het jy nuwe idees wat jy graag wil deel en bespreek.

Kom deel jou passie, jou nuus en jou resultate met ons in ’n aanbieding, ’n paneelbespreking of as ’n plakkaat sodat ons almal saam kan leer om onderrig aan die US so goed moontlik te maak.
Jy kan ‘n abstrak indien in die navorsing, innovering of refleksie strome, of dalk selfs ‘n plakkaat.  Sien besonderhede hieronder.


a) Hoe om ’n abstrak/bydrae in te dien

Jy moet eers as gebruiker vir hierdie konferensie by https://www.conftool.net/sotl2022/ registreer. Volg dan die volgende stappe:

  1. Teken aan op die bogenoemde blad met die besonderhede wat tydens die registrasieproses geskep is.
  2. Klik op ‘Your Submissions’.
  3. Kies ‘Research’ of ‘Innovation’ of ‘Reflection’.
  4. Voltooi die nodige velde.
  5. Klik op ‘Proceed and Complete Submission’. ʼn Skerm sal verskyn wat die nuwe bydrae vertoon. Jy ook sal ’n e-pos ontvang wat die indiening van’jou abstrak bevestig.

b) Skryf van die abstrak

Kyk gerus na Die Navorsingsruimtemodel (Die navorsingsruimtemodel (CARS-model), wat stapsgewyse leiding vir navorsing in onderrig gee, en van hulp kan wees met die skryf van die abstrak. Die SOL-adviseur in jou fakulteit is ook beskikbaar vir ondersteuning met die skryf van jou abstrak.

Die abstrak moet ʼn minimum van 300 woorde en maksimum van 350 woorde wees. Die sperdatum vir die indiening van abstrakte is 2 September 2022.

c) Etiekgoedkeuring

Let asseblief daarop dat die hoofnavorser daarvoor verantwoordelik is om die nodige (1) etiekgoedkeuring en/of (2) institusionele toestemming te bekom, en te sorg dat daar aan (3) die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPIA) voldoen word. Kliek hier vir meer inligting.

d) Strome

  • Assessering
  • Akademiese geletterdhede
  • Ko-kurrikulêr
  • Opvoedkundige Leierskap
  • ERTLA / ARTLA
  • Evaluering
  • Terugvoer
  • Fokus op eerstejaars
  • Eienskappe van die gegradueerde
  • Innoverende leer, onderrig en assessering
  • Interdissiplinêre onderrig
  • Mentorskap en tutorskap
  • Meertaligheid
  • Nagraadse onderrig
  • Programvernuwing
  • Refleksie
  • Sosiale impak
  • Sosiale geregtigheid in onderrig en leer
  • Faktore vir studentesukses
  • Studente-ondersteuning
  • Tegnologie in onderrig
  • Transformasie van die kurrikulum

e) Kriteria vir die abstrak

NAVORSING

INNOVERING

REFLEKSIE

  • Agtergrond, beweegrede, doelwit
  • Navorsingsvraag of -vrae
  • Teoretiese raamwerk en literatuuroorsig
  • Metodes
  • Bevindings of gevolgtrekkings uit bevindings
  • Die oorspronklikheid of belang van die navorsing
  • Implikasies: Hoe die werk tot die vakgebied bydra, tersaaklikheid vir ander kontekste, ander gebiede vir verdere navorsing
  • Agtergrond, konteks, doelwit
  • Besondere belangstelling of fokus van die aanbieding
  • Beskrywing van die werk wat gedoen is
  • Verbande met soortgelyke werk
  • Implikasies: Die boodskap om saam te neem, bv. Kan in ‘n ander konteks toepaslik of nuttig wees, of dui ander gebiede vir verdere ondersoek of navorsing aan
  • Agtergrond, konteks, doelwit insluitend verwysing na raamwerk vir refleksie
  • Wat was die werk gedoen?
  • Waarom het jy die werk gedoen?
  • Wat was die uitkomste?
  • Hoe het dit jou laat voel en watter lesse het jy geleer?
  • Die waarde van die werk en hoe sal dit jou leer- en onderrigpraktyk in die toekoms beïnvloed?
  • Sien hieronder (aanbevole leeswerk)

Aanbevole leeswerk vir “Refleksie”:

  1. Gibbs_reflective-cycle-template
  2. Rolfe 2001_Reflective Model
  3. Mezirow Reflection
  4. Schön Reflection

Lys vir verdere leeswerk:

    • Ashwin, P., D. Boud, K. Coate, F. Hallet, E. Keane, K. Krause, B. Leibowitz, I. Maclaren, J. McArthur, V. McCune and M. Tooher. 2015. Reflective teaching in higher education. London: Bloomsbury.
    • Biesta G. 2019. How Have You Been? On Existential Reflection and Thoughtful Teaching. In: Webster R., Whelen J. (Eds.), Rethinking Reflection and Ethics for Teachers. Singapore: Springer.
    • Dewey, J. 1986. How we think: A restatement of the relation of reflective thinking to the educative process. In: Boydston, J. A. (Ed.), The later works of John Dewey, Volume 8: 1933. (pp. 105-352). Carbondale: Southern Illinois University Press. (Original work published 1933)

f) Algemene kriteria

  • Die titel van die aanbieding moet nie langer as 10 woorde wees nie.
  • Die abstrak self moet tussen 300 en 350 woorde wees.
  • Die abstrak moet reeds taalversorg wees wanneer dit ingedien word.
  • Die abstrak moet inteksverwysings (outeur datum) bevat, maar ʼn bronnelys is nie nodig nie.
  • Die abstrak behoort vir ‘n wye spektrum lesers verstaanbaar te wees.
  • Die abstrak moet voor of op 2 September 2022 ingedien word.
  • Hierdie dokument bevat inligting oor hoe die AvOL pryswenners bepaal word plus die kriteria wat deur die beoordelaars gebruik word.

g) Toegewe tyd vir presentasies

Navorsing Innovasie Refleksie
Aanbiedingstyd 20 minute 20 minute 15 minute
V&A 5 minute 5 minute 5 minute

NAVRAE

E-pos ons by sotl@sun.ac.za