Hoofredes

1.   HOOFSPREKERSPANEEL | Dinsdag, 25 Oktober

Onderwerp: Hoe ons assesseringspraktye kan verander om ‘n transformerende studente-ervaring te ondersteun

Panneellede:

  • Professor YANG Lan (Universiteit van Hong Kong)
  • Professor Francois Cilliers (Universiteit van Kaapstad)
  • Professor Richard Stevens (Universiteit van Stellenbosch)

Vir meer inligting oor die paneellede se biografieë, onderwerpe en blurbs, klik hier.

Vir meer inligting, klik hier om die AvOL Hoofsprekerspaneel Konsepnota te besigtig.

 

2.  HOOFSPREKER | Woensdag, 26 Oktober

Spreker: Professor Paul Ashwin

Biografie: Paul Ashwin is Professor van Hoër Onderwys en Hoof van die Departement van Opvoedkundige Navorsing, Lancaster Universiteit. Hy is Adjunkdirekteur van die Sentrum vir Globale Hoër Onderwys, ʼn ESCR befondsde navorsingsentrum waarby 10 internasionale universiteite betrokke is. Paul se navorsing is gefokus op die rol van hoër onderrig.

Sy boek ‘Transforming University Education: A Manifesto’ (2020), maak die punt vir meer fokus op die opvoedkundige, in plaas van die ekonomiese, doel van universiteitsgrade sodat die transformerende impak op studente en gemeenskappe verstaan kan word. Hy is ook die hoofskrywer by Reflective Teaching in Higher Education (2015, 2020) wat deur ʼn internasionale span geskryf word om die ontwikkeling van navorsinggedrewe universiteitsonderrig te ondersteun.

Onderwerp:  Die rol van assessering in transformerende universiteitsondering

Konferensie Teaser Video

Blurb: Die Covid-19 globale pandemie het wydverspreide veranderinge in assesseringspraktyke aan universiteite tot gevolg gehad. Hierdie veranderinge in assesseringspraktyke het gelei tot vrae omtrent die ondersteuning wat assessering aan studente in hul universiteitsonderrig bied.. Meer spesifiek die ondersteuning ten aansien van studente se transformering in sin van wie hulle is en wat hulle in die wêreld kan doen.

In hierdie hoofrede ondersoek ek wat transformerende universiteitsonderrig behels en die rol wat assessering speel om hierdie tipe onderrig te ondersteun. Ek sal argumenteer dat, vir assessering om sy rol te vervul, ons duidelike begrip moet hê van die kennis waartoe studente toegang kry deur hul universiteitsonderrig, die kundigheid van dosente om ʼn omgewing te skep wat studente toegang tot die kennis bied, en die manier waarop onderriginstansies konteks bied waarin hierdie kennis vir studente beskikbaar gemaak kan word. Ek ondersoek hoe die Akademieskap van Onderrig en Leer ondersteuning kan bied aan die ontwikkeling van benaderings tot assessering wat transformerende universiteitsonderrig ondersteun en ek ondersoek die praktiese stappe wat ons kan volg om sulke benaderings tot assessering in ons onderrigpraktyke in te stel.