Inskrywings

Let asb daarop dat die registrasie-proses tweeledig is.

(1) U moet eerstens registreer as ‘n gebruiker (“user”) om ‘n nuwe gebruikersnaam en
wagwoord vir u te skep vir die 2022 konferensie. Hierdie stap hoef slegs een keer voltooi
te word en sal u in staat stel om u abstrak op die ConfTool konferensie-  administrasiestelsel te laai.
(2)  Indien u besluit om wel die konferensie by te woon (hetsy as aanbieder of bloot om die
sessies by te woon), moet u as deelnemer registreer. Hierdie stap sal verseker dat u
naam op die registrasielys vir bywoning van die konferensie sal verskyn.

ConfTool gebruikersgids:

Om te registreer op die ConfTool webwerf:
1. Klik op: https://www.conftool.net/sotl2022/
2. Klik op ‘register new’
3. Vul die nodige inligting in en klik op ‘create user account only’.
4. U sal ‘n e-pos met u gebruikersnaam en wagwoord kry.

Om te registreer vir die konferensie:
1. Teken in en klik op ‘Register as participant’
2. Volg die stappe op die skerm:

  • Stap 1:  Kontroleer status en ander inligting (klik op Proceed to Step 2)
  • Stap 2:  Kies die ‘events’ wat u wil bywoon (klik op Proceed to Step 3)
  • Stap 3:  Kontroleer keuses

3. Klik op: Register now
4. U sal ‘n e-pos kry wat die registrasie bevestig.

Klik hier om te registreer. Registrasie sluit op 21 Oktober 2022 om 15:00.

Navrae: sotl@sun.ac.za