Geleenthede

Woensdagkunswandelinge: Vroue/Kuns
1 Augustus 2018

Met sy Woensdagkunswandelinge wil die Universiteit Stellenbosch Museum die kunswerke wys wat die universiteit die afgelope 100 jaar versamel het. Vanaf April 2018 sal die museum elke eerste Woensdag van die maand voorheen ongesiene kunswerke uit die Universiteit Stellenbosch se permanente kunsversameling ten toon stel. Die Woensdagkunswandelinge is gratis vir lede van die publiek en word gedurende die etensuur tussen 13:00 en 14:00 aangebied.

Tyd: 13:00 - 14:00
Lokaal: Universiteit Stellenbosch Museum
Koste: Gratis