Teken in

Aanlyn

None

My Maties facebook Helderberg Twitter Helderberg Blog youtube

Opkomende Gebeure

Fri, 12th, 8:00 - Individuals Toer
Mon, 22nd, 8:00 - 2d Semester begin
Thu, 25th, 8:00 - Boek verkope
Fri, 26th, 17:00 - Rugby vs Huis Marais
Smokey Gaan Sarie Voorblad Toe Print E-mail

Geagte Menere van Die Republiek

Dit het onder ons aandag gekom dat een van ons mede-Swarras in 'n ernstige stryd gewikkel is om die titel van Sarie Voorbladgesig 2013 te verower. Die kompetisie sluit vanaand, 22 Mei om 00:00 en Dirk Smokey Coetzee het jou ondersteuning nodig. In 'n onderhoud vroeër vandag, het Mnr. Coetzee die volgende te sê gehad: "Jis kerels, dit lyk of die 'n tawwe fight gaan wees, maar met julle hulp dink ek ek het hom. Ek is nogals verbaas dat so min ouens ingeskryf het, maar dit maak seker my kanse net beter." Heel positief het Smokey later ook bygevoeg: "WANNEER ek wen sal ek die Republiek se naam hoog hou en met my prysgeld verseker 'n rondte vir al my broers in die Wells koop volgende kwartaal."

Om jou broer te help om sy drome te verwesenlik, gaan stem asseblief vir hom by: http://voorbladgesig.sarie.com/entry/dirk-smokey-coetzee/ . Dit sal nie net 'n oorwinning vir ons groot vriend Dirk wees nie, maar vir die Republiek in sy geheel ook.

JOU stem tel vir Smokey!

 
Harmonie Kultuur aand Print E-mail

Sondagaand 28 April het Helderberg se eerste kultuuraand gesien van die jaar te Harmonie Dameskoshuis. Ten spyte van min ondersteuning het ons manne hulself goed van hul taak gekwyt en die beeldskone dames behoorlik beïndruk asook die aand met al haar ryk kulturele items waardeer.

Hoogtepunte van die aand was natuurlik ons eie Justin Chris “Jug” #shutyourmouth #awe,vertel inappropriate grappies Viljoen wat as Kaas-en-Wyn-fees-geïnspireerde seromoniemeester opgetree het. Keegan Bentley se weergawe van Hallelujah het ook vele dames na hul asems laat snak asook Benedict “Bands” Sauer se rap wat die aand ‘n bietjie van ‘n moderne gevoel gegee het. Die res van die manne se items was natuurlik ook van top-klas gehalte.

Verder doen ons beroep op die res van die Republiek om die kulturele aangeleenthede by te woon in die toekoms. Jy kan enige iemand vra wat daar was en almal sal kan getuig dat dit voorwaar ‘n lekker aand was. Ons beoog om in die kwartaal ‘n teater skakel met ‘n dameskoshuis te reel. Kaartjies sal nie meer as R30 wees nie en beloof om baie prêt te wees. Kom gee asseblief jou naam by NouPoort kamer 2 op indien jy belangstel.

 
Derby Week 2013 Print E-mail

So die tyd vir Derby week 2013 het aangebreek.  Hierdie jaar gaan 'n bietjie meer events wees wat plaasvind deur die week.  Kom wys jou gesig en gees gerus en ondersteun ons manne op die verskeie plekke waar hulle deelneem.  Hier is n program vir wat die week gebeur:

 
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>

Page 1 of 19

Helderberg Borge