Helderberg’s catering is provided by C3 Food Services. Their services include three regular meals a day, seven days a week, and they cater for different dietary preferences. These meals must be booked per day via an online system on My.SUN. For residents who prefer not to book regular meals, an on-demand “Call Order Bar” (COB) and tuck shop are available, selling ready-made meals and snacks.
For regular meals, there are a number of options. In addition to the “Standard” option, there is a strictly health-conscious option, a “Special” option for deluxe meals, and options for other dietary-specific preferences (e.g. “No Pork”, “No Beef”). Details on each of the options are provided below.
C3 use a five-week menu cycle for standard meals. The menus for each week in the cycle can be downloaded below. CURRENT MENU: WEEK 2 (2017-11-06).
The “Health” option is only offered at lunches. The menu can be downloaded below.
C3’s “Special” option menu can be downloaded below.
Other meal options can be booked via the online meal booking system. For inquiries, please contact C3 Food Services.
Helderberg se spyseniering word verskaf deur C3 Food Services. Hulle dienste sluit drie gereelde etes per dag, sewe dae per week, in en hulle maak voorsiening vir verskillende dieetvoorkeure. Hierdie etes moet per dag bespreek word via ‘n aanlynstelsel op My.SUN. Vir inwoners wat verkies om nie te bespreek nie is daar ‘n op-aanvraag “Call Order Bar” (COB) en snoepwinkel, wat vooraf-voorbereide etes, sowel as versnaperings, verkoop.
Vir gewone etes is daar ‘n aantal opsies. Buiten die gewone “Standaard”-opsie is daar ‘n streng gesondheidsbewuste opsie, ‘n “Spesiale” opsie vir luukse etes, sowel as opsies vir ander dieetvoorkeure (bv. “Geen vark”, “Geen bees”). Besonderhede oor elk van die opsies word hieronder verskaf.
C3 gebruik ‘n vyfweek-siklus vir standaardopsie-etes. Die spyskaarte vir elke week in die siklus kan hieronder afgelaai word. HUIDIGE SPYSKAART: WEEK 2 (2017-11-06).
Die gesondheidsopsie word slegs by middagetes aangebied. Die spyskaart kan hieronder afgelaai word.
C3 se spesiale opsie-spyskaart kan hieronder afgelaai word.
Ander ete-opsies kan via die aanlynstelsel bespreek word. Vir navrae, kontak gerus C3 Food Services.