Early history of our terrain

In 1680 Harmen Jansz, one of the 22 “Vryburgers‟ received land in Stellenbosch. His farm stretched over the largest part of Stellenbosch as we know it today. He became the ancestor of the famous Afrikaans family the Potgieters.

In 1685, his farm, consisting of 2 parts, was used in the development of residential property in Stellenbosch. The western part of his farm stretching north from the Eersterivier to where the Town Hall stands today and westwards from Krige Street is of interest to us.

In 1712 Anette Beck purchased this land and named it “Voorgelegen”. A large part of this land she sold to Pheyl, who again sold it to the Company. From 1716 till 1734 the Company used the land to shelter the exiled Javan, prince Pangerng Loning Paffin. Where Helderberg stands today, the prince endlessly roamed the vineyards eagerly waiting for his release which never came. In the end, death set him free from his misery.

The land was then sold to a blacksmith. After his death, his widowed wife married Lambert Fick who farmed on Voorgelegen from 1731 until 1747. In 1794, after the death of Fick, Voorgelegen was divided into four plots. The third plot was purchased by the Bosman family in 1836. The fourth plot ,“La Gratitude”, still exists. Helderberg is situated on the third plot – the one that belonged to the Bosman- family.

The origin of Helderberg

After World War II, the University realised the need for housing for soldiers returning from the battlefield who wanted to study. This is also the reason why Helderberg is situated further from campus: to keep the soldiers and their rough and shameless parties away from the students and their peaceful, academic atmosphere (This proved to be a wise decision because Helderberg still maintains a full social program). In 1945 the government allocated money for the building of a new residence, Helderberg, which would be built behind Victoria House in Dorp Street. Twenty thousand of the total thirty thousand pounds was granted by the government.

Originally Helderberg was built as flats to accommodate the young yet newly- wed soldiers who came to the University. In those days, Piet Retief Street (in front of Helderberg) did not exist. The result was that vehicles and pedestrians freely used the road directly in front of Helderberg. After numerous petitions and pressure from the visiting professor to the City Council, it was decided to build Piet Retief Street and the Republic’s borders were finally demarcated.

Calling out the Republic

On the 28th of August 1957 Helderberg entered a new era. On this day Helderberg was declared a Republic – a first in Stellenbosch. The primarius would fill the position of President and the house committee that of his Cabinet. We can imagine that the moment was a ceremonious and dramatic one as it was in a time when all strived for an independent and united Republic of South Africa. This means Helderberg is the oldest Republic in Africa. Dr. J.S. Gericke, vice-chancellor after whom the library is named, represented the University when the Republic of Helderberg’s flag was hoisted for the first time.

An enlarging Helderberg

In 1954 the growing demand for residence led to the construction of an identical building next to the Ou Gebou. At first this building would have been named “Simonsberg”, but the House Committee disapproved this stating that it would cause a dispute between the residents. After many problems, the Nuwe Gebou was finished within four and a half months. In February 1955 the first students moved in. Originally only first years and their mentors stayed there. After the completion of the Nuwe Gebou, the Helderberger’s wanted their own community hall. In 1954 primarius Helius Wolfaardt launched this project. After many discussions with the House Committee, the Rector finally approved but on one condition: Helderberg had to make a financial contribution to the project. The project was taken over by Thys Vermeulen and in 1960, the Cabinet contributed R1 000. Construction began that year with the understanding that Helderberg would contribute another R1 000 at a later stage. With the inauguration of the community hall in 1961, a long-time goal of Helderberg was accomplished. A special edition of the “Berghaan” was printed in honour of this day.

During 1993 major renovations and improvements were made. The parking areas and lawns were enlarged. Neat pathways were paved in front of the buildings and each section was fitted with a kitchen.
In 1998 the University started with the construction of a third building and in 1999 the Nuutste Gebou was used for the first time. This building differs from the other two.

Head of houses

Through the years Helderberg has had many competent heads of house. Dr. (Pappa) Weis was the first visiting professor and in 1950 he was appointed head of house. It was a sad day in 1962 when Dr. Weis left Helderberg to be the new Director of the Africa Institute. His successor was mr J.W.F. de Villiers. In 1964 Mr de Villiers left for Britain to obtain his doctorate and left Helderberg in the capable hands of dr. (Pappa) Jonker. When dr De Villiers returned from Britain, he came back to Helderberg and stayed with us until 1973.

From 1974 until 1978 dr Van Wyk was head of house. He was succeeded by prof. J.I. Cronje who obtained both his B.A. and Honours degrees cum laude. In 1986 he obtained his doctorate. Prof. Cronje was also a selector for the Western Province u/20’s-rugby. Prof. Cronje, his wife and his children were a big part of Helder- berg. After 23 years at Helderberg, prof. Cronje was replaced by mr Van der Walt.

Mr. van der Walt was our head of house for four years. Helderberg’s Rugby was his great passion and he also contributed to our academic success. He was a dedicated head of house and Helderberg was always his first priority. Mr. van der Walt was relieved by Mr. Leon van der Heever in 2006. He oversaw the renovation of the Newest Building.

In 2010 our current head of house, mr Robert Kotzé, took over the reigns.


Vroeë geskiedenis van die terrein

In 1680 vestig ene Harmen Jansz, een van 22 vryburgers wat plase in die Stellenbosch omgewing ontvang het, hom op sy plaas wat die grootste deel van die huidige Stellenbosch beslaan het. Hy het die stamvader geword van die bekende Afrikaanse-familie Potgieter.

In 1685, toe dit nodig geword het om dorpserwe uit te lê, is hierdie plaas, wat uit twee dele bestaan het, gebruik. Die westelike deel, wat gestrek het van die oewers van die Eersterivier noordwaarts tot waar die Stadsaal vandag staan en weswaarts vanaf die huidige Krigestraat, interesseer ons. In 1712 koop ene Anette Beck hierdie gedeelte en noem dit “Voorgelegen”. ’n Groot gedeelte van hierdie plaas verkoop sy weer op beurt aan ene Pheyl, wat dit weer aan die Kompanjie verkoop.

Vanaf 1716 tot 1734 het die Kompanje ’n Javaanse banneling, prins Pangerng Loning Paffin op hierdie plaas gehuisves. Waar Helderberg koshuis vandag staan, het hy eindeloos deur die wingerde en saailande gedwaal in moedelose afwagting op ’n vrystelling en terugkeer wat nooit gekom het nie. Hier is hy uiteindelik deur die dood verlos. Die plaas word in hierdie jaar weer verkoop aan ’n ystersmid. Na sy dood trou sy weduwee met ene Lambert Fick wat in 1731 tot 1747 op Voorgelegen boer. In 1794 na die dood van Fick word Voorgelegen in vier groot erwe verdeel. Die derde erf is in 1836 deur die Bosman familie bekom. Die vierde erf staan vandag nog bekend as “La Gratitude”.

Die koshuis staan vandag op ’n deel van die derde erf, die sogenaamde Bosman-erf.

Die ontstaan van Helderberg

Na die Tweede Wêreldoorlog het die Universiteit van Stellenbosch besef dat daar ’n behoefte sou ontstaan vir die huisvesting van terugkerende soldate wat wou kom studeer. Dit is dan ook die rede waarom Helderberg so ver van die kampus geleë is: om te sorg dat die rowwe, skaamtelose partytjies van die oudweermaglede destyds nee ;n invloed sou hê op die rustige akademiese atmosfeer van die ander studente en hul koshuise nie (Dit blyk ’n insiggewende besluit te gewees het, veral aangesien die Republiek steeds ’n stampvol sosiale-program handhaaf). Die regering het in 1945 geld bewillig via ’n nuwe koshuis, nl. Helderberg, wat agter Victoriahuis in Dorpstraat gebou sou word. Twintigduisend van die uiteindelike dertigduisend pond is deur die regering verskaf.

Die koshuis is oorspronklik as woonstelle ingerig, aangesien daar heelwat jong getroude soldate hier kom woon het. Piet Retiefstraat (wat voor die koshuis verbyloop) was destyds nog nie daar nie. Die gevolg was dat voetgangers en voertuie die pad voor die koshuis vrylik gebruik het. Na heelwat petisies en druk vanaf die besoekende professor aan die stadsraad is Piet Retiefstraat gebou en is die Republiek se grense vasgestel.

Republiek uitgeroep

’n Nuwe era in die geskiedenis van Helderberg is in 1957 ingelei. Op 28 Augustus 1957 is die Republiek van Helderberg uitgeroep, die eerste op Stellenbosch. Die primarius sou gevolglijk die amp van President beklee en die huiskomitee die van sy Kabinet. Ons kan ons voorstel dat die oomblik ’n plegtige en dramatiese een was, want dit was nog in die tyd wat daar gestrewe is na ’n onafhanklike verenigde republiek in Suid-Afrika, dus is Helderberg die oudste Republiek in Afrika.

Dr. J.S. Gericke, die destydse Vise-Kanselier na wie die biblioteek verno- em is, het die Universiteit verteenwoordig toe die Republiek van Helder- berg se vlag vir die eerste keer gehys is.

Die uitbreiding van Helderberg

In 1954 het die groeiende aanvraag na losies aanleiding gegee tot die besluit om ’n identiese gebou langs die bestaande Helderberg op te rig. Aanvanklik sou die Nuwe Gebou as “Simonsberg” bekend staan, maar die huiskomitee het die besluit nie goedgekeur nie. Heeltemal tereg het hulle daarop gewys dat dit tot onenigheid in die koshuis self kon lei. Ten spyte van vele probleme is die Nuwe Gebou, wat op presies dieselfde plan as die Ou Gebou opgerig is, binne vier en ’n half maande voltooi. In Februarie 1955 het die eerste studente ingetrek. Aanvanklik het net eerstejaars en mentors in die Nuwe Gebou gewoon.

Na die oprigting van die Nuwe Gebou was daar ’n sakie wat die Helderbergers baie na aan die hart gelê het: die bou van ’n eie gemeenskapsentrum. Reeds in 1954 het die destydse primarius, Helius Wolfaardt die saak aangevoer. Na samesprekings met die huiskomitee het die Rektor sy toestemming goedgunstelik verleen, mits die inwoners self ook ’n deel van die geld bydra.

Die taak is later deur Thys Vermeulen oorgeneem en in 1960 kon die huiskomitee R1 000 inbetaal. Met die verstandhouding dat daar nog R1 000 ingesamel sou word, is in daardie jaar met die bou van ons gemeenskapsaal begin.

Met inwyding van die gemeenskapsaal in 1961 is ’n lang gekoesterde ideaal bereik. ’n Spesiale feesuitgawe van “Die Berghaan” is ter ere van die gebeurtenis gepubliseer. Gedurende 1993 is die koshuis gerestoureer en baie verbeterings is aangebring. Die parkeerareas is aansienlik vergroot asook die grasperke voor die onderskeie geboue. Baie netjiese paadjies is voor die geboue aangelê en in elke seksie is ’n kombuisarea aangebring.

In 1998 het die Universiteit begin met die bou van die derde gebou en in 1999 is die Nuutste Gebou vir die eerste keer in gebruik geneem. Hierdie gebou lyk effens anders as die ander.

Inwonende hoofde

Oor die jare heen het Helderberg ’n reeks bekwame inwonende hoofde gehad. Dr. (Pappa) Weis was die eerste besoekende professor. Hy het ’n groot leemte gelaat toe hy in 1962 as die Direkteur van die Afrika Instituut aangestel was. Sy opvolger was die destydse mnr. J.W.F. de Villiers. Hy het later in 1964 na Brittanje vertrek om sy doktorsgraad te behaal en sy plek is ingeneem deur dr. (Pappa) Jonker, wat hom baie goed van sy taak gekwyt het. Toe dr. De Villiers in Junie 1966 terugkeer, het hy weer sy pos ingeneem, wat hy tot 1973 beklee het.

Vanaf 1974 tot middel-1978 was dr. van Wyk inwonende hoof. Hy is in 1979 deur prof. J.I. Cronje opgevolg. Prof. Cronje het na sy diensplig by die universiteit aangesluit en sy B.A.- en Honneursgrade beide cum laude verwerf. In 1986 verwerf hy sy doktorsgraad. Hy was ook ’n keurder van W.P. o/20- rugby. Hy, sy vrou en kinders, het die hart van Helderberg geword. Prof. Cronje is in 2002 na 23 jaar as inwonende hoof vervang deur mnr. van der Walt.

Mnr. van der Walt was vir vier jaar inwonende hoof. Sy passie was Helderberg rugby en het ook bygedra tot die akademiese groei van Helderberg. Hy was’n toegeweide inwonende hoof en Helderberg was altyd sy eerste prioriteit.
Mnr. Van der Walt is in 2006 deur mnr. Leon van der Heever vervang. Hy was die Direkteur van die Sentrum van Voornemende Studente by die Universiteit van Stellenbosch, en het die opgradering van die Nuutste Gebou oorsien.

In 2010 neem die Republiek se huidige inwonende hoof, Mnr. Robert Kotzé, oor.