Interessanthede oor Steinhoff Maties hokkie

  • Steinhoff Maties mans- en vrouehokkiespanne wen beide vir die tweede agtereenvolgende jaar die WP Grootuitdaagtitel terwyl die Vics vroue tweede geëindig het;
  • Die Matie vrouehokkiespan het vanjaar die WP Grootuitdaagtitel vir die 30ste keer sedert 1973 verower;
  • Die Mans WP Skiereilandspan (WP B-span) met 5 Maties en 2 Oud Maties in die span, wen die goue medalje by die Interprovinsiale Toernooi nadat hul Suid Gauteng 2-1 geklop het.  Raaghib Fredericks (MB,ChB 2013) was die kaptein van die span wat die geskiedkundige oorwinning behaal het.
  • Die Mans WP Span (4 Maties & 4 Oud Maties) wen die bronsmedalje.  Skiereiland het vir die groot verrassing gesorg toe hul die WP in die semi-finaal met 2-1 geklop en sodoende vir die finaal gekwalifiseer het;
  • Pierre de Voux (M.Ing), WP kaptein, word aangewys as die Top Doelskieter van die toernooi;
  • Keenan Horne (4e jaar BComm Regte) word aangewys as die Mees Belowende Speler;
  • Die volgende Matie spelers is ook in die SA Hokkie Oefengroep ingesluit: Jacques le Roux (BA Sportwetenskap 2008), Daniel Bell (2e  jaar BCom Bestuurswetenskappe),  Marc Fourie (4e jaar BCom Aktuariële Wetenskappe)
This entry was posted in Club. Bookmark the permalink.