Swanepoel en Glasby groot wenners by Steinhoff Maties Hokkie se Toekenningsaand

img_6136

Dylan Swanepoel en Tarryn Glasby was die twee groot wenners by die jaarlikse Steinhoff Maties Hokkie-toekenningsaand.

Glasby is aangewys as Afrigter se Speler van die Jaar en die voorste doelskieter vir Maties Vroue. Sy het ook die Kotie Smuts-trofee as Vroue Klubspeler van die Jaar ontvang. Glasby het ‘n totaal van 25 doele aangeteken wat haar die voorste doelskieter van die klub in die algeheel gemaak en het haar die Jakie Wiese-trofee besorg. Glasby is deel van die Suid-Afrikaanse o.21-span wat later vanjaar aan die Wêrelbeker-toernooi gaan deelneem.

Swanepoel het ook met ‘n handvol toekennings weggestap. Die kaptein van die Maties Mans is as Mees Waardevolle Speler van die Jaar, Spelers se Speler van die Jaar en Afrigter se Speler van die Jaar aangewys. Hy het toe ook nog die Voorsittersbeker as Mansklubspeler van die Jaar ontvang. Dit was Swanepoel se laaste seisoen by Maties.

Ander toekennings vir die vroue het gegaan aan Heather McEwan – Mees Waardevolle Speler van die Jaar – en Quanita Bobbs is as Spelers se Speler van die Jaar aangewys. Natasha Rootenburg is die speler wat die meeste vordering gemaak het vir Maties Vroue en in die klub. Laasgenoemde beteken sy het die Rennie Rose-Innes-trofee ontvang.

Maties Mans se voorste doelskieter was James Drummond. Die doelskieter het ook die Jan Kelder-trofee gekry vir die meeste doele in die klub vir mans. Eerste jaar Tom Richardson is die speler van die meeste vordering gemaak het in die manspan. Doelwagter Rob McKinley het die JH Black-trofee ontvang vir die manspeler van die meester vordering gemaak het in die klub.

Maties Sport se jaarlikse Toekeningsaand is op 19 Oktober.

img_6133

This entry was posted in Club. Bookmark the permalink.