Geskiedenis

Ons programme rus studente toe met dieptekennis oor die wisselwerking tussen die verlede en die hede. Die hede het nie bloot toevallig sy beslag gekry nie, maar is deur komplekse prosesse gevorm. Die aard en konstruksie van hierdie prosesse is 'n fundamentele invalshoek.

Die doel van ons programme is om 'n brug tussen die hede en die verlede te slaan deur te let op die wyse waarop hedendaagse tendense oor tyd ontwikkel het. Daar word probeer om algemene opvattings oor die verlede op 'n verantwoordbare, kritiese wyse onder die loep te neem. Ons moedig studente aan om hulle eie navorsingsbelangstellings uit een van die ondergenoemde fokusareas verder te ontwikkel onder die individuele leiding van een van ons dosente.

Fokusareas

  • Historiese dimensies in die ontwikkeling van gemeenskapsidentiteit in Suid-Afrika
  • Werkersklasgeskiedenis
  • Omgewingsgeskiedenis
  • Oorlog en samelewing (die sosio-kulturele invloed van oorloë op samelewings oor die langtermyn)
  • Besigheidsgeskiedenis
  • Geskiedenis, produksie van erfnis en toerisme
  • Sport, ontspanning en samelewing
  • Watergeskiedenis
  • Historiese perspektiewe op seks in Suid -Afrika

Vir meer inligting

Dr Anton Ehlers

Tel: +27 21 808 2190

E-pos

Webwerf