MA in Visuele Kunste

Navorsing: 100%-tesis

Voltyds oor een of twee jaar

Die Meestersgraadprogram in Visuele Kunste bied die geleentheid vir gespesialiseerde nagraadse navorsing in ateljeeproduksie binne die breër areas van Kreatiewe Juweliersware- en Metaalontwerp, Skone Kunste, Visuele Kommunikasieontwerp en Illustrasie. Die program, wat voltyds oor een of twee jaar geneem word, bevorder die ontwikkeling van die kandidaat se bepaalde belangstellings, vaardighede en idees; en daar word van kandidate verwag om onafhanklike praktiese en teoretiese navorsing van 'n gevorderde en diepgaande (nagraadse) standaard, wat 'n bewustheid van die kontemporêre Suid-Afrikaanse konteks weerspieël, te doen.

Die navorsing wat binne die MA (VK)-program gedoen word, volg 'n praktykgebaseerde metodologie; dit is dus navorsing waar die verhouding tussen praktyk en teorie dialogies en interafhanklik is, in beide die navorsingsproses en die finale voorlegging van die navorsingsprojek.

Die inhoud van die program beslaan twee geïntegreerde komponente:

  • die produksie van genoegsame praktiese werk, en
  • die skryf van 'n navorsingsteks van nagenoeg 50 tot 70 getikte A4 bladsye (notas, bibliografie en illustrasies uitgesluit).

Die program moedig kandidate aan om onafhanklike navorsing te doen, maar 'n reeks lesings, seminare en hersieningsessies betreffende beide praktyk en teorie word deur die loop van die akademiese jaar geskeduleer, om interaksie en intellektuele wisselwerking tussen studente aan te moedig, en om 'n gees van nagraadse meelewendheid te kweek.

Toelatingsvereistes

'n Vier jaar BA-graad in Visuele Kunste, of 'n ekwivalente drie jaar graad plus 'n Honneursgraad in Visuele Kunste (of 'n aanvaarbare ekwivalente kwalifikasie wat deur die Senaat as genoegsaam vir toelating tot die program geag word) waarin bewys gelewer is van die vermoë om gevorderde, selfstandige navorsing te doen. Toelating tot die program is afhanklik van akademiese kwalifikasies, professionele ondervinding en 'n aanvaarbare navorsingsvoorstel vir die praktiese en teoretiese komponente van die program. Die navorsingsvoorstel moet ondersteun word deur 'n portefeulje van onlangse praktiese werk, in digitale PDF-formaat. Beide die navorsingsvoorstel en die portefeulje moet per e-pos aan die programkoördineerder gestuur word.

Inligting en aansoeke

Skryf aan die programkoördineerder, Hentie van der Merwe, by hentie@sun.ac.za, vir meer inligting. Aansoekvorms kan van Annatjie Moolman, by amm@sun.ac.za, versoek word; of doen hier elektronies aansoek. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 November vir Suid-Afrikaanse kandidate en 31 Oktober vir internasionale kandidate, en die navorsingsvoorstel en portefeulje moet teen 31 Januarie ingehandig wees. Die keuringsproses vind gedurende die eerste week van Februarie plaas, en suksesvolle kandidate sal teen 15 Februarie in kennis gestel word. Die formele program begin in die eerste week van Maart.