PhD in Visuele Kunste

Kode: 59846 - 978(360)

Spesifieke Toelatingsvereistes

'n MA-graad in Visuele Kunste of MA-graad in Visuele Studies (of 'n aanvaarbare ekwivalente kwalifikasie wat deur die Senaat as genoegsaam vir toelating tot die program geag word) waarin bewys gelewer is van die vermoë om gevorderde, selfstandige navorsing te doen.

Programstruktuur

Doktorsgrade in die kunste is navorsingsgrade wat uitloop op 'n proefskrif. Die studie as geheel kan bestaan uit teoretiese werk of dit kan die vorm aanneem van 'n geïntegreerde studie van kreatiewe prosesse en teoretiese werk wat in die proefskrif gerapporteer word. Die unieke aard van die geïntegreerde opsie setel in die samehang en interafhanklikheid van die kreatiewe prosesse en teoretiese dimensies van die navorsing wat lei tot 'n oorspronklike bydrae tot die kennis van en insigte in die kunste.

Studente moet op 'n gereelde basis hul navorsing vir kommentaar voorlê. Daar sal van tyd tot tyd van studente vereis word om voorleggings by seminare te maak rakende hul navorsing vir informele bespreking.

Assessering en eksaminering

Proefskrif en mondelinge eksamen. Die proefskrif word volgens die Universiteit se bepalings vir nagraadse kwalifikasies geëksamineer.

Die vereiste van die proefskrif is 'n minimum van 50 000 woorde. Al die materiaal wat vir die proefskrif aangebied word, ingeslote die kreatiewe werk waar van toepassing, word as een geheel geassesseer deur die eksaminatore wat in terme van die normale prosesse van die Universiteit aangestel is.

Navrae

Programkoördineerder: Prof K Dietrich

Tel: +27 (0)21 808 3052