Sportwetenskap

Navorsingsfokus

Die oogmerk van hierdie Departement is die ontwikkeling van menslike potensiaal in 'n diverse gemeenskap deur die verbetering van sportprestasies, bewegingsgeletterdheid, sport vir persone met gestremdhede en gesondheidsbevordering.

Hoofnavorsingsterreine

Die belangrikste fokusgebiede vir navorsing is:

  • oefen- en sportfisiologie
  • motoriese leer
  • biokinetika
  • biomeganika
  • piekprestasie
  • sport- en oefeningsielkunde
  • kinantropometrie
  • kinderkinetika
  • sportbeserings en rehabilitasie
  • sportpedagogie
  • sportgeskiedenis

Vir meer inligting

Me Mimi Botha

Tel: +27 (0)21 808 4915

E-pos

Webwerf

Nagraadse kwalifikasies

Kyk die onderskeie programme se leerplanne in ons Jaarboek.

Sertifikaat:

Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS)

Honneursgraad:

Honneurs-Baccalaureus in Sportwetenskap (fokusareas: Prestasiesport en Kinderkinetika) of in Biokinetika (HonsBSc)

Magistergraad:

Magister in die Natuurwetenskappe in Sportwetenskap (MSc (Sportwet))

Doktorsgrade:

Doktor in die Wysbegeerte in Sportwetenskap (PhD (Sportwet))

Doktor in die Wysbegeerte in Sportsielkunde (PhD)

Aansoek om toelating tot HonsBSc

Indien u vir die HonsBSc in Sportwetenskap (fokus Prestasiesport of Kinderkinetika) of in Biokinetika wil aansoek doen, laai die twee dokumente hieronder beskikbaar af:

  • Aansoekinligting en -vorm: Instruksies oor hoe om u aansoek volledig te kry. Vul asseblief die bykomende aansoekvorm in en pos of e-pos dit na die adres hieronder genoem teen 31 Julie.
  • Referentverslag: Laat twee referente afsonderlike verslae invul en stuur aan die volgende adres teen 31 Julie.

Erik van Zyl

Akademiese Administrasie: Kursusse

Universiteit Stellenbosch

Privaat Sak X1

Matieland 7602

Vir meer inligting

Fakulteitsadministrateur: Me Eune Louwrens

Tel: +27 (0)21 808 9111

E-pos

Webwerf