B in Spraak-Taal-en Gehoorterapie

Hierdie program lei spraak-taalterapeute op met die toepaslike kennis en vaardighede om persone met kommunikasieafwykings te kan hanteer. Jy word toegerus om die volgende professionele funksies te vervul:

  • die voorkoming, identifisering, evaluering, diagnosering en behandeling van kommunikasieafwykings;
  • kliënt- en gesinsgesentreerde berading;
  • die begeleiding, onderrig en opleiding van ander kundiges of relevante lekepersone;
  • konsultasie en navorsing op die gebied van kommunikasieafwykings; en
  • die bestuur van programme voorsien deur spraak-taalterapeute aan kliënte met kommunikasieafwykings in gesondheids-, opvoedkundige en privaat kontekste.

Ten einde die bogenoemde funksies optimaal in die veeltalige Suid-Afrikaanse konteks te kan verrig, word van studente verwag om vaardigheid te ontwikkel in ten minste twee tale, asook Gebaretaal.

   Opleiding van spraak-taalterapeute

Die program duur vier jaar en dek die volle omvang van spraak-, taal-, stem-, gehoor- vlotheid-, voedings- en slukafwykings wat voorkom in die veld van kommunikasiepatologie. Die gehoorterapie-inhoud sluit aspekte van oudiologiese praktyk in, soos basiese suiwertoon- en spraakoudiometrie, immittansie-oudiometrie en rehabilitasie.

By gehoorgebreke val die klem op die hantering en rehabilitasie van kinders en adolessente met kommunikasieafwykings wat veroorsaak word deur gehoorverlies. Studente ontvang opleiding in basiese Gebaretaal ter ondersteuning van rehabilitasie.

Die eerste en tweede jaar van die program word op die Stellenbosch-kampus aangebied, maar studente bestee ten minste een dag per week op die Tygerberg-kampus. Hiervoor word busvervoer deur die Afdeling Spraak-Taal en Gehoorterapie gereël. Die derde en vierde jaar van die program word op die Tygerberg-kampus aangebied. Jy voltooi jou kliniese opleiding by goedgekeurde instansies in die Wes Kaap.

Hoofvakke: Spraakheelkunde, Kliniese Spraakheelkunde, Sielkunde en Algemene Taalwetenskap.

Ander modules: Anatomie, Neuro-anatomie en Kliniese Neurologie waarvan die inhoud aangepas word volgens die behoeftes van die beroep. Xhosa of Afrikaanse Taalverwerwing (soos bepaal deur taalvaardigheidstoetse) is 'n verpligte eerstejaarsvak wat die struktuur en sisteem van die taal aan die studente bekendstel. Kliniese modules bied geleenthede vir jou om toepaslike kliniese vaardighede in spesifieke kontekste te verwerf onder die toesig van gekwalifiseerde terapeute. Kliniese opleiding vind plaas in hospitale, skole, gemeenskapsgesondheidsdienssentrums en klinieke. Daar word 'n hoë premie op kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede geplaas. In die tweede, derde en vierde jaar word jou isiXhosa-taalvaardighede daarom verder ontwikkel sodat jy met kliënte en versorgers in kliniese omgewings kan kommunikeer.

Na afloop van hierdie program volg 'n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Spraak-Taalterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

Daar is werksgeleenthede vir spraak-taalterapeute in die openbare, privaat en nie-regeringsektore asook in die akademie. Graduandi kan registreer by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika en werk bekom in hospitale, klinieke, skole, privaat praktyke of die akademie.

Vir nadere besonderhede, kyk die program se leerplan in die Jaarboek. Hierdie kwalifikasie kan opgevolg word met 'n Magister in Spraak-Taalterapie en 'n PhD.

   Minimum toelatingsvereistes

  • Skryf die situasionele beoordelingstoets (SBT)
    Let op: Die Fakulteit herbesin tans oor die gebruik van die SBT in die keuringsproses. Vir die nuutste inligting, raadpleeg asseblief hierdie program se keuringsriglyne.
  • 'n Gemiddelde van minstens 60% in die Nasionale Senior Sertifikaat of 'n gelykstaande kwalifikasie (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Ten minste TWEE van die volgende drie tale: Afrikaans en/of Engels en/of 'n derde Suid-Afrikaanse taal (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 60%
  • Fisiese Wetenskappe of Lewenswetenskappe 50%

- Aansoeke sluit op 31 Julie.

- Omtrent 30 kandidate word gekeur in die jaar wat studie voorafgaan. Kyk aansoek en keuring.

- Vir die keuringsriglyne vir B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie, kyk hier.