BSc in Dieetkunde

Hierdie program lei dieetkundiges op, wat oor die wetenskaplike kennis, vaardighede en gesindhede beskik om selfstandig te kan funksioneer op die gebied van terapeutiese voeding, gemeenskapsvoeding en voedseldiensbestuur.

   Opleiding van dieetkundiges

Die program duur vier jaar en word vanaf die eerste studiejaar op die Tygerberg-kampus aangebied. Kyk ons Jaarboek vir die leerplan.

Eerste jaar: Chemie vir Gesondheidswetenskappe, Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang, Voeding, Voedsel, Geneeskundige Mikrobiologie, Fisiologiese Biochemie, Anatomie en Gesondheid in Konteks.

Tweede jaar: Fisiologie, Sielkunde vir Gesondheidswetenskappe, Gemeenskapsvoeding, Voedselproduksie en -sisteme, Toegepaste Voedselwetenskap, Terapeutiese Voeding, Voeding in die Lewensiklus, Etiek en Menseregte, Voedingstatusbepaling en Praktykopleiding.

Derde jaar: Terapeutiese Voeding, Gemeenskapsvoeding, Bestuursbeginsels, Navorsingsmetodologie, Biostatistiek en Epidemiologie, Etiek en Menseregte, en Praktykopleiding.

Vierde jaar: Voedseldiensbestuur, Terapeutiese Voeding, Gemeenskapsvoeding, 34 weke van internskap (wat ten minste ses weke by die Ukwanda Landelike Kliniese Skool insluit) en ’n navorsingsprojek.

Na afloop van hierdie vierjarige program volg ’n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Dieetkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

Afgestudeerdes het verskeie beroepskeuses in terapeutiese dieetkunde, gemeenskapsvoeding en die voedsel en farmaseutiese industrie. Hulle kan ook werk as navorsers, as dosente in die akademie, of as voedingskonsultante in privaat praktyke. Vir meer inligting oor die velde waarin dieetkundiges hoofsaaklik werksaam is, besoek gerus die Assosiasie van Dieetkunde in Suid-Afrika  (ADSA) se webwerf.  

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit) vir die Nasionale Senior Sertifikaat of 'n gelykstaande kwalifikasie
  • Wiskunde 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%
  • Lewenswetenskappe 50%

- Aansoeke sluit 31 Julie.

- Omtrent 35 kandidate word gekeur in die jaar wat studie voorafgaan. Kyk aansoek en keuring.

- Vir die BSc in Dieetkunde-program se keuringsriglyne, kyk hier.