BSc in Fisioterapie

Die doel van die BSc Fisioterapie-program is om ’n professionele gesondheidswerker op te lei wat toegewyd met mense werk en wat hul kliënte se vermoë om te beweeg en te funksioneer kan optimaliseer dwarsdeur hul lewensduur. Fisioterapeute werk in die gesondheidsarenas van bevordering, voorkoming, behandeling of intervensie en rehabilitasie, en werk in verskeie areas, naamlik kardiorespiratoriesefunksionering, ortopedie, neurologie, pediatrie, vrouegesondheid, bejaardes en in sport. Fisioterapeute werk onafhanklik en in spanne om die doelwitte hierbo genoem te bereik.

   Opleiding van fisioterapeute

Die program duur vier jaar en dek die volgende modules: Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang; Chemie vir Gesondheidswetenskappe; Persoonlike en Professionele Ontwikkeling; Gesondheid in Konteks; Sielkunde; Spesiale Fisika; Anatomie; Fisiologie; Patologie; Anatomiese Patologie; Fisioterapiewetenskap; Toegepaste Fisioterapie; Kliniese Fisioterapie; Navorsingsmetodiek en Fisioterapiepraktykvoering.

Na afloop van die program volg ’n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Fisioterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

Enkele van ’n wye reeks beroepskeuses wat oorweeg kan word, is fisioterapie in hospitale, privaat praktyke, gemeenskapsklinieke, nywerhede, skole vir kinders met spesiale leerbehoeftes, rehabilitasiesentrums en sportklubs.

Kyk ons Jaarboek vir die leerplan. Hierdie kwalifikasie kan opgevolg word met 'n Magister in Fisioterapie en 'n PhD.

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit) in die Nasionale Senior Sertifikaat of 'n gelykstaande kwalifikasie
  • Wiskunde 50%
  • Fisiese Wetenskappe 50%
  • Lewenswetenskappe 50%

- Aansoeke sluit 31 Julie.

- Omtrent 55 kandidate word gekeur in die jaar wat studie voorafgaan. Kyk aansoek en keuring.

- Vir die BSc in Fisioterapie se keuringsriglyne, kyk hier.