MBChB

Die MBChB-leerplan vir die opleiding van dokters vir internskap in Suid-Afrika het 'n intensiewe vernuwingsproses vanaf August 2017 deurloop. Dis die derde groot hersiening sedert die program in 1956 ingestel is. Die nuwe leerplan, wat deur die  Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika geakkrediteer is, is in 2022 vir die eerste keer met die inname van eerstejaars in werking gestel.

Gebou op die sterkpunte van die vorige leeplan, lê die nuwe leeplan ‘n vaste fondament met ‘n deeglike begrip van die menslike liggaam in sy geheel neer voor studente met die behandeling daarvan begin. Studente kry vroeg in hul opleiding al met pasiënte te doen. Die nuwe leerplan fokus op holistiese sorg, insluitend die gesondheid en welwees van pasiënte en dokters.

Die benaderingsverskuiwing na studentgesentreerde leer werk ‘n meer gebalanseerde en student-vriendelike leeplan in die hand. Die onderrigmetodes is leergesentreerd en maak gebruik van gevorderde multimediategnologie. 'n Klem op navorsing ontwikkel lewenslange, interngedrewe leervaardighede. Hierdie kritieke bekwaamheid verseker dat praktisyns by bly met nuwe ontwikkelings in gneeskunde en pasiënte met gemak met bewysgebaseerde geneeskunde kan behandel.

Dokters wat by die Universiteit Stellenbosch afstudeer sal oor die kennis, vaardighede en gesindhede beskik om gedurende die twee internskapjare die beskikbare geleenthede optimaal te benut. Na afloop daarvan kan hulle selfstandig in die primêre gesondheidsektor funksioneer en het hulle die vermoë en insig verwerf om persoonlik en professioneel te kan ontwikkel.

   Inhoud

Studente leer om met pasiënte en gesondheidsorgkollegas in Engels, Afrikaans and isiXhosa te kommunikeer. Die Longitudinale Primêre Gesondheidsorgblootstelling- en Kliniese Weetgierigheidsmodules word saam met die volgende modules onderrig:

Jaar 1: Wees en Wording in Gesondheidsorg; Vorm en Funksie

Jaar 2: Gesondheid en Welstand; Disfunksie

Jaar 3: Mediese Speurder; Intervensie

Jaar 4–5: Kliniese Rotasies

Jaar 6: Verspreide Vakleerlingskap

Die finale jaar van die leerplan word nie by ons tersiêre onderrighospitale deurgebring nie. Studente werk onder toesig as lede van kliniese spanne en neem aan outentieke leergeleenthede in verskeie kontekste oor die distriksgesondheidstelsel heen deel. Lees hier hoe die nuwe leerplan tot stand gekom het.

   Opleiding van mediese dokters

Na afloop van hierdie ses jaar volg twee jaar internskap en dan die gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Onafhanklike Praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

’n Groot verskeidenheid beroepskeuses kan uitgeoefen word, byvoorbeeld in privaat praktyke, hospitale of ander mediese instansies, in verskeie staats- of semistaatsinstellings, in navorsing, in akademiese geneeskunde of in die privaat sektor soos by versekeringsmaatskappye of die farmaseutiese bedryf.

Nagraadse studie vir ’n navorsingsloopbaan of spesialisasie in enige kliniese rigting is verdere aantreklike opsies.

Vir nadere besonderhede, kyk die program se leerplan in die Jaarboek

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde van minstens 70% (Lewensoriëntering uitgesluit) vir die Nasionale Senior Sertifikaat of 'n gelykstaande kwalifikasie
  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe 50%
  • Lewenswetenskappe 50%

- Aansoeke sluit 31 Julie.

- Ongeveer 290 kandidate word gekeur in die jaar wat studie voorafgaan. Kyk aansoek en keuring.

- Vir MBChB-keuringsriglyne, kyk hier.