Nagraadse Onderwyssertifikaat

Jy kan jou ook as hoërskoolonderwyser bekwaam deur eers 'n graad uit 'n ander fakulteit te verwerf en daarna in te skryf vir ons eenjarige Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS). Twee van die vakke (een tot op minstens tweedejaarsvlak en een tot op derdejaarsvlak) van so 'n voorgraadse program moet só gekies word dat jy minstens twee toepaslike skoolvakke kan onderrig.

Vir die verskillende skoolvakonderrigmodules se vereistes, bestudeer die Fakulteit Opvoedkunde se jaarboek onder NOS. Hierdie program is gefokus op die opleiding van hoërskoolopvoeders vir veral die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO).

Die Fakulteit beveel ten sterkste aan dat jy minstens twee skoolvakonderrigmodules neem, aangesien dit jou loopbaanvooruitsigte aansienlik verbeter as jy twee skoolvakke kan onderrig. Indien jy egter net aan die toelatingsvereistes van een in plaas van twee skoolvakke se onderrigmodules voldoen, moet dié vak 'n hoofvak in jou voorgraadse of honneurskwalifikasie wees. Jy moet dan ook die 20-krediet Gevorderde Studie-module in jou spesifieke vakspesialiteit neem. Dit is nie ? uitgemaakte saak dat al die Gevorderde Studie-modules in ? betrokke jaar aangebied kan word nie, aangesien dit afhang van beskikbare personeel.

Alle voornemende studente wat vir toelating tot die NOS aansoek doen, doen twee weke lank observasie aan die begin van die skooljaar voordat hul toegelaat word om vir hierdie program te registreer. Hierdie observasie eindig met die inlewering van ? verslag wat 10% vir jou finale Praktieseleer-punt tel. Al die nodige dokumentasie in hierdie verband sal voor die einde van die voorafgaande jaar aan voornemende studente verskaf word.

   Voorgraadse programme wat toegang tot NOS gee

Fakulteit AgriWetenskappe:

  • BScAgric met skoolvakke

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe:

  • BComm met skoolvakke
  • Ander B-grade met skoolvakke

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe:

  • BA met skoolvakke
  • BA in Visuele Kunste
  • BA in Drama en Teaterstudie
  • BA met Sportwetenskap as 'n hoofvak

Fakulteit Natuurwetenskappe:

  • BSc met skoolvakke
  • BSc met Sportwetenskap as 'n hoofvak

   Onderrigmodules vir die aanbied van skoolvakke

Ons beveel aan dat jy minstens twee onderrigmodules neem, want as jy twee skoolvakke kan aanbied dan verbeter jy jou aanstelbaarheid. Indien jy egter vir slegs een onderrigmodule kwalifiseer, kan jy die addisionele krediete verwerf deur verdere studie in daardie vakgebied.

Die vakgebiede waarin onderrigmodules aangebied word, is as volg:

  • Afrikaans
  • Besigheidstudies
  • Drama
  • Ekonomie
  • Engels
  • Fisiese Wetenskappe
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Inligtingstegnologie (IT)
  • IsiXhosa
  • Landbouwetenskappe
  • Lewensoriëntering
  • Lewenswetenskappe
  • Liggaamlike Opvoeding
  • Musiek
  • Rekeningkunde
  • Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
  • Religieuse Studies
  • Visuele Kuns
  • Vreemdetaalonderrig in enige taal wat as tweede addisionele taal in die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum aangebied word
  • Wiskunde
  • Wiskundige Geletterdheid

Let wel: Alle onderrigmodules word nie noodwendig elke jaar aangebied nie. 'n Minimum aantal studente per module word vereis.