Regsgeleerdheid

Die Fakulteit Regsgeleerdheid het 'n lang en trotse tradisie van voortreflike regsopleiding. Sedert sy ontstaan in 1921 het die Fakulteit van Suid-Afrika se voorste regsgeleerdes gelewer. Onder sy oudstudente tel hy ook sakelui en politici naas regters, advokate en prokureurs.

As kenners op hul vakgebied, bly die dosente in voeling met strominge in die Suid-Afrikaanse samelewing en met die ontwikkeling in ons regstelsel en in dié van ander lande. Só sorg hulle dat die regsonderrig op Stellenbosch aktueel, markverwant en loopbaangerig is.

Hiernaas gee ons inligting oor die programme waaruit voornemende studente kan kies.

Kyk algemene toelatingsinligting en keuring.

Kyk hier vir die Fakulteit Regsgeleerdheid se amptelike keuringsbeleid.

   Navrae

Kliëntedienssentrum

Tel: 021 808 9111

Faks: 021 808 3822

E-pos: info@sun.ac.za

Wewerf: law.sun.ac.za