BTh (Baccalaureus in Teologie)

   Oor die program

Die BTh-graad is 'n drie-jarige program wat mense veral as jeugwerkers, dienswerkers, beraders en gemeenskapswerkers oplei.

   Hoekom hierdie program studeer?

  • Die opleiding, onderrig en navorsing word wetenskaplik benader. Deur begeleiding rus ons studente toe om teologies relevante werk te kan doen in multikulturele kontekste in Suid-Afrika, Afrika en globaal.
  • Studente ervaar ’n verwelkomende en bemoedigende leeromgewing wat transformatiewe leer en grondige teologiese raamwerke versterk.
  • Teoretiese werk word aangevul met 'n praktiese, gemeenskapsgerigte klem op maatskaplike vraagstukke soos MIV/vigs, armoede, geweld, menswaardigheid, ekologie en geregtigheid.

   Programinhoud

Die inhoud van die program sluit modules in uit die vakke Ou Testament, Nuwe Testament, Sistematiese Teologie, Ekklesiologie, Praktiese Teologie en Missiologie. Studente kan kies om in Jeugwerk te spesialiseer. Kyk die BTh se leerplan in die Fakulteit Teologie se Jaarboek.

Die program word ook as 'n verlengdekurrikulumprogram aangebied vir studente wat nie vir die hoofstroom-program kwalifiseer nie en akademiese ondersteuning nodig het. Die modules van die eerste jaar word oor twee jaar versprei en aangevul met akademiesesteun-modules. Slegs 'n beperkte aantal plekke is beskikbaar.

Vir verdere studie, kyk ons nagraadse programme.

   Toelatingsvereistes

  • Vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) 'n gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)

Studente met 'n NSS-gemiddelde van minstens 55%, maar laer as 60%, kan vir die verlengdekurrikulumprogram (VKP) in aanmerking kom na 'n onderhoud met die Dekaan of sy/haar verteenwoordiger.

Aansoekers wat in 2008 of vroeër gematrikuleer het, kan die Kliëntedienssentrum by 021 808 9111 skakel vir die relevante toelatingsvereistes.

Kyk ons Jaarboek vir nadere besonderhede oor toelating en voorgraadse inskrywingsbestuur.