BTh (Deeltyds)

   Oor die program

Die BTh-graad (deeltyds) behels 'n vierjarige program vir ouer studente wat reeds in 'n bediening staan of 'n tweede loopbaan oorweeg. Die program rus hulle toe om gemeenskaps- en godsdienstige leiers te wees.

   Hoekom hierdie program studeer?

  • Die opleiding, onderrig en navorsing word wetenskaplik benader. Deur begeleiding rus ons studente toe om teologies relevante werk te kan doen in multikulturele kontekste in Suid-Afrika, Afrika en globaal.
  • Studente ervaar ’n verwelkomende en bemoedigende leeromgewing wat transformatiewe leer en grondige teologiese raamwerke versterk.
  • Teoretiese werk word aangevul met 'n praktiese, gemeenskapsgerigte klem op maatskaplike vraagstukke.
  • Studente ontvang onderrig in hibriede formaat (blok-kontaksessies en aanlyn) om werkende studente te akkommodeer.
  • Studente ontvang akademiese steun om die eise van en aanpassings na 'n akademiese omgewing te oorbrug.

   Programinhoud

Die inhoud van die program sluit modules in uit die vakke Ou Testament, Nuwe Testament, Sistematiese Teologie, Ekklesiologie, Praktiese Teologie en Missiologie.

Vir verdere studie, kyk ons nagraadse programme.

   Toelatingsvereistes

  • Vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) 'n gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering) indien gematrikuleer in 2009 of later.
  • 'n Ouderdom van 30 jaar of ouer.
  • ’n Tweedeloopbaanstudent (’n student wat ook in ’n ander loopbaan in diens is of was) of in die bediening staan.
  • Die Fakulteit se inleidende en rekenaargeletterdheid-kortkursusse op NKR-vlak 5 suksesvol voltooi het.
  • Bewys van bedieningservaring of 'n motiveringsbrief van 'n denominasionele hoof.

Kyk ons Jaarboek vir nadere besonderhede oor toelating en voorgraadse-inskrywingsbestuur.