Digitale Skenkersnuusbrief | Herfs 2019

Hierdie tweedejaar- BCom Wiskundige Wetenskappe-student van Atlantis, Kaapstad, was onder 31 voorgraadse studente wat skootrekenaars ter ondersteuning van hul studies ontvang het. ’n Verdere vier tafelrekenaars is geskenk om nagraadse studente met hul navorsing by te staan. Die totale waarde van die skenking was R626 000.

“Ek is dankbaar vir hierdie wonderlike skenking, wat my die geleentheid bied om my leerproses in rekenaarwetenskap uit te brei en te akkommodeer,” sê Rivaldo.

Pay@ is ’n eerstekeer-skenker vir die Universiteit Stellenbosch, en verkies om plaaslik te skenk. Die maatskappy bied gerieflike, eenvoudige en veilige rekeningbetaalpoorte aan verbruikers, wat beteken rekeninge kan by enige van Pay@ se kleinhandelaars oor die hele Suid-Afrika heen betaal word.

Tydens ’n oorhandigingseremonie op die Stellenboschkampus het die Hoofinligtingsbeampte van Pay@, Nicho Bouma, studente aangemoedig om uit te gaan en ’n verskil in die wêreld te maak. Bouma sê dit is ’n voorreg dat hul skenking gebruik kan word om studente in nood te help. “By Pay@ glo ons daarin om ’n positiewe verskil te maak.”

Die Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, prof Louise Warnich, verwelkom die skenking en sê sy vertrou dat hierdie ”doelgerigte vennootskap” in die toekoms sal groei. “Dis ’n belegging in die toekoms van ons studente, maar ook ’n belegging in Pay@ se toekoms, want dalk sien jy nog na jou toekomstige werknemers om!”

Foto-onderskrif: Agter van links: Bernd Fischer Departmentshoof van die Departement Rekenaarwetenskap, Nicho Bouma, Hoofinligtingsbeampte van Pay@ en Carel Botha, besigheidsontwikkelaar. Voor: Angel Siwele wat 'n gelukkige trekking kontantprys van R500 ontvang het, Rivaldo de Bruin en prof Louise Warnich.