Digitale Skenkersnuusbrief | Herfs 2023

Prof De Villiers is iemand met heelwat ervaring van fietsry en het aan talle fietsry‑byeenkomste deelgeneem, waaronder die Londen‑na‑Brighton-fietstoer.

Oor sy ervaring sê prof De Villiers, "Dit was ’n ongelooflike gevoel om fiets te ry saam met soveel van die Universiteit se personeel, alumni en vriende wat met soveel geesdrif ’n positiewe impak in hul gemeenskappe wil maak. Ek is dankbaar dat ek die geleentheid gehad het om te kon deelneem vir ’n saak wat my na aan die hart lê en die belangrike werk van Bridge the Gap kon ondersteun."

Bridge the Gap is die Universiteit Stellenbosch se Jaarfonds wat die gaping tussen talent en finansiële behoefte wil verklein met finansiële ondersteuning aan studente wat finansiële probleme ondervind en daarom dalk nie hul studie sal voltooi nie. 

Die Kaapstad-fietstoer is een van die grootste fietsry‑geleenthede wêreldwyd, en bring meer as 35 000 deelnemers oor die hele wêreld byeen. Die fietsrit strek oor 109 km en neem die deelnemers langs van die mees skilderagtige roetes in en om Kaapstad.

Prof De Villiers se deelname aan die geleentheid beklemtoon sy verbintenis tot steun aan die Universiteit Stellenbosch en wil verseker dat alle studente toegang tot gehalte-onderrig kry, ongeag finansiële omstandighede. Sy fondsinsamelingspogings maak ’n beduidende verskil in vele studente se lewens en bied hulle die nodige finansiële steun om sukses met hul akademiese studies te behaal.

Al is die Kaapstad-fietstoer nou agter die rug en het prof Wim die wenstreep oorgesteek, is sy fondsinsamelingspogings nog lank nie verby nie. Indien jy hom en sy harde werk wil ondersteun, maak gerus ’n skenking aan die Universiteit se Bridge the Gap‑jaarfonds via GivenGain.