Digitale Skenkersnuusbrief | Somer 2019

Die PA en Alize Malan Gedenktrust streef daarna om inisiatiewe by skole en tersiêre instellings in Suid-Afrika te ondersteun wie se werksaamhede verband hou met kultuur, kos, wyn en die regte.

Dos Santos, 'n MSc (Agric) wynkunde student in die Fakulteit AgriWetenskappe se Departement Wingerd- en Wynkunde, het die befondsing in Desember 2018 ontvang na die voltooing van haar voorgraadse studies in wingerdbou.

“Ek was nie seker of ek met my meesters kon voortgaan nie, aangesien ek finansieël gesukkel het. Toe ek die befondsing kry kon ek eintlik besluit wat om te studeer, want op daardie stadium het ek aansoek gedoen vir die meestersgraad, maar ook om 'n diploma in bemarking. Dit was dus een van twee dinge, en toe ek die finansiering kry, het dit die besluit om my meesters te voltooi soveel makliker gemaak,” sê sy.

Die befondsing wat Dos Santos ontvang het, dek haar onderrig-, verblyf- en woonkoste vir die twee jaar wat sy vir hierdie graad studeer.

Volgens haar was dit 'n groot verligting om die befondsing te kry en sy hoop om die Malan Gedenktrust terug te betaal met die werk wat sy in haar proefskrif doen.

Haar proefskrif fokus op die bestudering van fenole - 'n groep sekondêre metaboliete wat die mondgevoel, bitterheid, vrank smaak, kleur en verouderingspotensiaal van wyn beïnvloed – in rooiwyn. Sy beoog ook om 'n nuwe voorspellende model te skep, 'n nuwe manier om fenole te kwantifiseer met behulp van fluoressensie lig.

Sy sê hierdie soort fenoliese analise is nog nie in Suid-Afrika gedoen nie.

“Hopelik, met my model, kan ons fenole regtig vinnig, goedkoop en akkuraat meet, wat wynmakers met die maak van rooiwyn kan help. Ek dink dus dit kan die bedryf baie help en terselfdertyd ook die Suid-Afrikaanse wynbedryf 'n voorsprong bo hul internasionale eweknieë gee. Dit het ook die potensiaal vir kommersialisering op 'n later stadium,” sê Dos Santos.

Ironies genoeg was die studie van wyn nie 'n voor die hand liggende keuse vir die 23-jarige student van die Oos-Rand van Johannesburg nie.

“Dit was 'n toevallige besluit. Ek dink wat my aanvanklik daarvan bekoor het, was dat dit anders was. Ek kon maklik iets anders gedoen het, maar ek was baie dol oor die feit dat dit interessant en uniek is en dat dit 'n kreatiewe proses is. Ek was nie eers 'n wyndrinker nie. My smaak daarvoor het eers op universiteit begin verbeter. Dit was dus 'n groot risiko om wyn te studeer, maar ek dink dit het tot dusver goed afgeloop.”

Dos Santos gee egter toe dat sy moontlik wel onbewustelik beïnvloed was om wynmaak as 'n toekomstige loopbaan te oorweeg. Haar oupa, sê sy, het sy eie wyne gemaak van die wingerde wat hy op sy tuiseiland Madeira, aan die kus van Portugal, besit het. Die gesin het later na Suid-Afrika verhuis.

“Dit maak dit besonders om wynmaak te bestudeer, want dit bring jou nader aan daardie kant van jou lewe, aan daardie erfenis. As my oupa nog gelewe het sou hy waarskynlik daarvan gehou het dat ek dit studeer, en dit is goed om te weet.”

Sy beoog om in die toekoms 'n manier te vind om haar Portugese en Suid-Afrikaanse erefenis by haar wynmakery in te sluit.

Maar sy is jonk en vir die jonges het die toekoms geen perke nie.

“Op die oomblik weet ek nie wat die pad vorentoe vir my inhou nie, ek het baie belangstellings, maar ek is nog nie seker wat ek will nastreef nie. Om die een of ander rede het ek 'n belangstelling in bier begin ontwikkel en ek hoop om meer daarby betrokke te raak. Volgende jaar wil ek ook graag 'n kort oes van een maand in Portugal meemaak om meer kommersiële ervaring op te doen voordat ek uiteindelik begin werk,” sê sy.