Die Universiteit Stellenbosch (US) se pre-eeufeesfondsinsamelingsveldtog #US99, wat daarop gemik is om studieskuld te verlig, het 'n nuwe teiken. Dít danksy vrygewige skenkings wat die aanvanklike teiken van R99 999 oorskry het. Die nuwe teiken is nou R999 999.
"Teen 1 Desember het skenkings wat op die GivenGain-platform ontvang is R24 000 beloop, tesame met donasies van alumni, personeel en studente, is 'n verdere R32 500 ingesamel," sê Karen Bruns, Senior Direkteur van die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, "maar 'n beduidende skenking van R500 000 van een van ons lojale skenkers wat gereeld beursbefondsing bied, het ons in staat gestel om ons teiken te verhoog en sodoende meer gegradueerdes te help."
"Alhoewel baie van ons studente beurse ontvang het van verskeie vennote soos die regering, stigtings, besighede en trusts, is daar dikwels nog 'n uitstaande bedrag wat studente na afloop van hul gradeplegtigheid skuld," sê Cheryl Benadie, skenkerbetrekkinge-bestuurder aan die US.
Om graad te vang is die einde van 'n ongelooflike reis vir enige gegradueerde, aangesien hulle op die drumpel van 'n nuwe begin staan, gewapen met 'n welverdiende graad van die Universiteit Stellenbosch, 'n internasionaal erkende instelling.
"Ongelukkig vir sommige van ons eerstegenerasie gegradueerdes wat die professionele wêreld as 'n eerstegenerasie professionele persoon betree, is die las van studieskuld soms oorweldigend. Ons erken en waardeer die ondersteuning van al ons skenkers en vennote. Die behoefte is altyd daar," voeg sy by.
Skenkings kan gemaak word via die GivenGain-platform: https://goo.gl/AaTm2q of via kredietkaart op ons aanlyn portaal: https://goo.gl/JkCM4J. EFT betalings kan gemaak word via die volgende bankrekening, met die verwysing: Voorletters, van + R2090 DEBT.
ORGANISASIE NAAM: | Universiteit van Stellenbosch | |
BANK: | Standard Bank | |
TAK: | Stellenbosch | |
TAKKODE: | 05 06 10 | |
REKENINGNAAM: | Universiteit van Stellenbosch | |
REKENINGNOMMER: | 073006955 | |
BETALINGSVERWYSING: | Voorletters, Van, R2090 DEBT |
Die #US99-veldtog, wat op 20 September bekendgestel is, duur tot 27 Desember.
"Kleiner skenkings van R50, R100, R500, ens - maak op die einde van die dag 'n groot bedrag - dit is die krag van kollektiewe skenking in aksie. Ons moedig u aan om asseblief die geskenk van finansiële vryheid hierdie feestyd te gee," sê Benadie.
Vir meer inligting oor die US se veldtog om studieskuld te verlig, kontak asseblief:
Cheryl Benadie by tel: 021 808 9351 of e-pos: cbenadie@sun.ac.za / Anneke Muller by tel: 021 808 9906 of e-pos: annekem@sun.ac.za.