Digitale Skenkersnuusbrief | Uitgawe 1 | Somer 2017

Dit vat alle soorte donateurs om die onderskeie behoeftes van ’n instelling soos die Universiteit Stellenbosch te ondersteun. Die beste verbintenisse is egter dié wat van ’n gedeelde passie tussen die donateur en die projek getuig.


Mense soos Stephan Louw is ’n inspirasie omdat hulle nie net praat nie, maar ook passievol doen. En Stephan is passievol oor die kunste en die hulp wat hy aan talentvolle jong kinders, en by implikasie aan Stellenbosch, verleen deur dié talent te slyp. Hy is reeds sedert 2009 jaarliks ’n donateur vir die Kamermusiekfees.


Ons kan vir jou die redes gee waarom hy sy tyd, geld en agentskap in die kunste belê – maar ons dink hy kan dit beter doen deur self sy storie te vertel.

Kyk die video hier: