Digitale Skenkersnuusbrief | Uitgawe 2 | Somer 2018

“Projek Zero het my lewe verander. Ek glo dat die grootste hindernis tot nagraadse studies finansieel is. Die Projek Zero-beurs verlig hierdie probleem sodat ek ’n graad kan ontvang. Ek is ewig dankbaar en sal nooit vergeet hoe my lewe daardeur gegroei het nie; ek sal dit graag eendag vorentoe wil betaal,” sê Liam Cloete, een van die 40 ontvangers van Projek Zero-beurse in 2018.

Die Projek Zero-inisiatief van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) het finansiële steun ter waarde van R6.2 miljoen van die Bankwese-onderwys-en-opleidingsowerheid (BANKSETA) ontvang. Dit is die tweede belegging van BANKSETA nadat R2.3 miljoen in 2017 toegeken is. Die 2017-toekenning het die deure van hoër onderwys vir 20 talentvolle studente oopgemaak en in 2018 sal altesaam 40 studente baat vind.

"Die Universiteit Stellenbosch is R 5 844 120 00 toegestaan vir die befondsingsondersteuning van 40 begunstigdes wat ooreenstem met Projek Zero se keuringskriteria," het mnr Similo Dlamini, Bestuurder van Werkgeïntegreerde Leer by BANKSETA, gesê.

'n Verdere R 292 206 00 is toegeken om seker te maak dat die US die ideale ondersteuning kan bied. "Die ondersteuningsprogram wat deur Project Zero aangebied word, dek nie net befondsingsbehoeftes nie, maar ook akademiese en loopbaanontwikkeling, leierskap, mentorskap, lewensvaardigheidsopleiding, oriënteringsessies en psigososiale ondersteuning. Om die Universiteit in hierdie verband te ondersteun, het BANKSETA addisionele fondse beskikbaar gestel vir administratiewe koste," het Dlamini verduidelik.

Die Projek Zero-inisiatief se doelwit is om die koste om aan die US te studeer vir talentvolle studente tot nul te verminder. Projek Zero-beurse, tesame met die Universiteit se werwings- en merietebeurse, dek dan die student se hele universiteitsrekening. Die beursaanbieding word op grond van akademiese meriete aan BSI-studente (bruin, swart en Indiër) gemaak, waarvan die helfte uit gemeenskappe met die swakste sosioëkonomiese status kom.

“In ’n groot fakulteit soos Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is die algehele finansiële nood BANKSETA is 'n statutêre liggaam gevestig deur die Wet op Vaardigheidsontwikkeling van 1998 om sy belanghebbendes in staat te stel om die nasionale en globale posisie van die bank- en mikrofinansieringsektor te bevorder. BANKSETA bevorder, soos gelei deur sy mandaat, billike indiensneming en breëbasis-swart ekonomiese bemagtiging deur vaardigheidsontwikkeling en dan ook die ontwikkeling van mense deur middel van vennootskappe, verligting van werkloosheid wat tot verandering sal lei en sodoende 'n blinker toekoms sal skep.

Op die web: