Digitale Skenkersnuusbrief | Uitgawe 2 | Somer 2018

Die uittrede van ʼn president wie se tyd lankal uitgeloop het, het op 14 Februarie 2018 die begin van ʼn nuwe politieke era vir Suid-Afrika ingelui. Hierdie verandering is teweeg gebring deur verskeie mense se dappere leierskap.

Dappere leierskap is ook presies wat Mandy Rossouw, ʼn alumna van die Universiteit Stellenbosch, openbaar het toe sy die Nkandla-sage in 2009 ontbloot het – ʼn onthulling wat ʼn lang proses aan die gang gesit om in die herroeping van voormalige President Jacob Zuma deur die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC te kulmineer.

Vyf jaar na Mandy se tragiese dood weens ʼn aorta-aneurisme lyk dit of die land ʼn nuwe koers ingeslaan het. Dit is nodig dat ons ander dapper stemme aanmoedig wat, soos Mandy, vir die waarheid en geregtigheid opkom.

Die Mandy Rossouw-beursfonds het ter nagedagtenis aan Mandy en haar merkwaardige werk tot stand gekom in 2013. Die Fonds is daarop gerig om studente met ʼn belangstelling in die politiek te ondersteun sodat hulle die eenjaarhonneursgraad in Joernalistiek aan die US kan voltooi. Twee ontvangers van die toekenning het tot dusver hul studies suksesvol afgehandel, en albei van hulle woeker al met ʼn loopbaan in die joernalistiek.

Met die US se Departement Joernalistiek wat vanjaar sy veertigste bestaansjaar vier, en die US wat self ʼn eeufees vier, het ons u hulp nodig om aan te hou om toekomstige joernaliste te inspireer om in Mandy se goeie werk voort te sit. As u in die huidige gebeure geïnteresseerd is – en waardering het vir die harde werk wat joernaliste doen om ʼn vrye en regverdige samelewing te verseker – sal u bydrae tot die Mandy Rossouw-beursfonds ʼn sinvolle belegging in die toekoms van ons land wees.

U kan ʼn aanlyn skenking hier maak: https://goo.gl/d512rF of ʼn direkte inbetaling doen – die bankbesonderhede is as volg:

Standard Bank, rekeningnommer 073006955 en takkode 050610. Onthou asseblief om die volgende verwysing te gebruik: H713 + u voorletters en van.