Photo: Professor Wim de Villiers met mede-fietsryers by die Kaapstadse Fietstoer
Om die Universiteit Stellenbosch se Eeufees te herdenk, het ons nog ʼn eerste behaal deur ʼn liefdadigheidspan vir die Kaapstad-fietswedren, wat op 11 Maart plaasgevind het, in te skryf. Ons Rektor en Visekanselier, professor Wim de Villiers, was die kaptein van ons span van 65, wat teen die wegspringtyd vir liefdadigheidspanne weggespring het. Daar was ook ʼn aantal ander fietsryers met #Maties100-fietsrytoerusting, wat vir beurse gery het.
Vroeër het fondsinsamelaars van “-aton-fondsinsameling” gepraat om hardloop-, stap- en fietsryprogramme te beskryf. Om die waarheid te sê, ʼn bedryfsgroep wat in 2007 gestig is, is die Run Walk Ride Fundraising Council genoem. Nou, ʼn dekade later, verwys ons na eweknie-fondsinsameling (“peer-to-peer fundraising” in Engels).
Danksy veranderinge in tegnologie en sosiale verwagtinge, bevind ons ons tans in opwindende tye, aangesien die bedryf voortdurend ontwikkel. Die vriende, oudstudente en ondersteuners van organisasies sonder winsmotief, soos openbare universiteite, wil nou meer as ooit seggenskap hê oor hoe, wanneer en waar hulle fondse sal insamel.
As gevolg hiervan sien ons hoe nuwe soorte kreatiewe en semi-outonome eweknie-fondsinsamelingsprogramme al hoe gewilder raak en van selfdoen- en virtuele geleenthede gebruik maak. Hierdie programme sorg vir ʼn nuwe geslag ondersteuners deur aan mense die buigsaamheid te gee om fondse na hulle smaak, volgens hulle eie skedule, en met die aktiwiteit van hulle keuse, in te samel.
As ek na die wêreldwye maatstawwe vir eweknie-fondsinsameling kyk, is daar ʼn paar goed wat vir my aandui dat ons in die regte sportkode wegspring:
Wat bedoel ek met top-insamelaars? Wel, deelnemers val gewoonlik in een van vier kategorieë:
Ons weet dat deelnemers wat om geld vra, dit ook werklik insamel. Dit hou eenvoudig en direk verband. Om ons deelnemers tot aksie aan te spoor, het ons in ons ‘afrig’-boodskappe probeer om hulle aan te moedig om via e-pos (en sosiale media) uit te reik en vriende en familie om skenkings te vra. Ons het ook die deelnemers van voorbeelde van boodskappe voorsien om seker te maak dat hulle oor al die werktuie beskik om doeltreffend te vra.
Ons is inderdaad opgewonde oor die inisiatiewe wat ons op hierdie gebied van eweknie-fondsinsameling neem. Daar is soveel beweegruimte – nasionaal en internasionaal. Julle sal dus verstaan waarom ek op Sondag 11 Maart my longe van die sypaadjie af uitgeskree het. Ek hoop dat, as julle daar was, julle dit ook gedoen het.
Organisasie-gedrewe fondsinsameling – of dit nou deur tradisionele hardloop-, stap- en fietsrygeleenthede of uithou-fondsinsameling plaasvind – beklemtoon ons denke oor skenkingsdae en virtuele geleenthede; en kan heel moontlik individu-gedrewe fondsinsameling vir die Universiteit aanmoedig. Ons sien ook groei op laasgenoemde gebied – in die vorm van projekgegronde fondsinsameling en persoonlike skarebefondsing. Hierdie is die nuwe terreine wat ʼn fondsinsamelingskantoor, soos ons s’n, uitdaag en ons dwing om te kyk hoe ons kan bemagtig, maar ook ʼn bietjie beheer afstaan.
Julle weet waarskynlik dat dit vir ʼn groot organisasie moeilik kan wees om groter ratsheid en behendigheid na te streef. Ons is gelukkig dat mense oor wonderlike potensiaal vir verandering beskik. Dit is hierdie ingebore vermoë wat dikwels deur die huidige omstandighede gestrem word. Ons werk hard daaraan om ons personeel, studente en vriende te bemagtig sodat hulle onafhankliker en outonomer kan word, terwyl ons oper kommunikasiekanale in groepsaktiwiteite bevorder om kontinuïteit, kongruensie en die koestering van die Universiteit se etos te verseker.
Dit beteken groter trapkrag vir ons almal. Mag ons almal altyd die wind van agter kry.
Vriendelike groete
Karen Bruns
Senior Director: Development and Alumni Relations
kbruns@sun.ac.za