Digitale Skenkersnuusbrief | Uitgawe 3 | Somer 2018

 

  1. Sê eerstens vir ons wat presies BBSEB is.

BBSEB staan vir breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging. Dit is ʼn inisiatief van die Suid-Afrikaanse regering wat daarop gemik is om meer mense uit voorheen benadeelde groepe te help om besighede te besit, te bestuur, te beheer en werk in Suid-Afrika se ekonomie te bekom.

  1. Watter invloed het BBSEB op die US en maatskappye oor die algemeen?

Net soos maatskappye, is die US verplig om BBSEB-vereistes na te kom. In hierdie konteks praat ons egter van BBSEB uit die oogpunt van maatskappye en hoe ons hulle kan help om hulle BBSEB-tellings te behaal ten opsigte van, onder andere, vaardighede en sosio-ekonomiese ontwikkeling, en om erkenning te kry vir die voorsiening van beurse aan voorheen benadeelde studente, terwyl die US terselfdertyd daaruit voordeel trek.

  1. Wat is ʼn BBSEB-telkaart?

Maatskappye behaal ʼn telling op grond van verskillende kriteria. Die maatstaf van die telling word ʼn BBSEB-telkaart genoem en ʼn hoë BBSEB-telling hou verskillende voordele vir maatskappye in. Die telkaartkategorieë is eienaarskap, voorraadketting en -verkryging, vaardigheidsontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling.

  1. Jy noem die wedersyds-voordelige verhouding tussen die US en maatskappye. Brei asseblief uit.

Die US, as ʼn instelling van hoër onderwys, stel natuurlik die meeste belang in die ontwikkeling van vaardighede en die sosio-ekonomiese ontwikkelingsaspek van BBSEB. Ons kan maatskappye help om ʼn positiewe BBSEB-telling te behaal deur hulle fondse aan beurse vir voorheen benadeelde studente toe te wys. Ek doen al die werk, spoor die kandidate op en help met die finansiële proses wat vir behoorlike tredhou gevolg moet word en voorsien die nodige