Digitale Skenkersnuusbrief | Winter 2020

Waarom is 4 so ’n spesiale getal vir ons wanneer dit by die voer van veldtogte kom?

Numeriesgewys is 4 ’n hoogs saamgestelde getal (dit beteken dat dit meer faktore het as enige kleiner getal) en die heel eerste saamgestelde getal. Dit is ook een van twee saamgestelde getalle wat ’n perfekte kwadraat vorm (die ander is 36). Vier is ’n waarde van n en ons wil graag fondsinsameling tot die mag n neem.

Geestelik is die getal 4 ’n getal van “bestaan”. Dit is die getal wat die intellek-liggaam-gees met die fisieke wêreld van struktuur en organisasie verbind. Vier simboliseer die veiligheid en sekuriteit van die huis, die behoefte aan stabiliteit en krag op ’n soliede grondslag van waardes en oortuigings.

Binne ons waardes by die Universiteit – billikheid, deernis, aanspreeklikheid, respek en uitnemendheid – omarm ons 4 fondsinsamelingsveldtogte, want in teks beteken <4 “Meer as liefde (<3)”.

So nou weet jy. <4 beteken “Meer as liefde (<3)” en só gaan ons met ons veldtogte te werk – met groter deernis, groter respek, meer billikheid, en met baie liefde. Sluit by ons aan asseblief!

#Move4Food

Hierdie bedrywige en jeugdige Move4Food-veldtog veg ver onder sy gewig teen ’n enorme boelie in die gedaante van maatskaplike onreg, maar bied ’n antwoord op president Ramaphosa se Thuma Mina (Stuur My)-oproep. Hierdie reaksie op sy oproep bring sedert 2018 ons studentegemeenskap, personeel, alumni en donateurs by mekaar uit om ’n kwessie te belig wat op ons kampusse en ander kampusse oor die land heen ’n werklikheid is. Dit weerspieël die moontlikheid van ’n onmiddellike oplossing vir ’n ingewikkelde saak waarby ons steundienste‑ en akademiese personeel gesamentlik betrokke moet raak om oplossings te probeer vind.

Ons verwelkom die betrokkenheid van alumni, vriende en donateurs by hierdie veldtog wat in 2021 sal voortduur.

#Maties4Maties

Die Maties‑vir‑4Maties‑beursfonds – soos die naam aandui – betrek Maties wat aan studente‑Maties teruggee. Dit bied jou die geleentheid om ’n medestudent te help om studiesukses te behaal teen alle verwagtinge in. Op ’n sekere stadium in die lewe het ons almal ’n helpende hand nodig. Jy weet mos hoe moeilik die studentelewe kan wees.

Hierdie fonds is al byna ’n dekade lank aan die gang en word deur die Studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch (SR) gedryf. Die studenteleierskap wil ’n bydrae lewer tot die sukses van die studente deur geld in te samel by Maties ten bate van Maties – beurse, die historiese skuld van graduandi, en veldtogte om almal te registreer, was maar ’n paar pogings deur die SR oor die afgelope jare.

Verskeie aktiwiteite word jaarliks deur die SR gekonseptualiseer om donasies van Maties te bekom. Ons het ’n sterk wêreldwye netwerk van betrokke alumni en met jou deelname kan daardie netwerk steeds groei.

#Action4Inclusion

#Action4Inclusion is ’n gesamentlike inisiatief van die Universiteit Stellenbosch se SR en professor Thuli Madonsela, van ons Fakulteit Regsgeleerdheid‑trust se Leerstoel in Maatskaplike Geregtigheid. Hierdie inisiatief geniet ook die steun van verskeie studente-organisasies op ons kampus, naamlik die South African Students Congress (SASCO), die Studentevereniging van die Demokratiese Alliansie (DASO), en die Economic Freedom Fighters Students Command (EFFSC).

Die doelstellings van hierdie inisiatief is tweeledig: eerstens is #Action4Inclusion ’n nasionale bewusmakingsveldtog oor die onreg van finansiële uitsluiting; en tweedens is dit ’n manier om jaarliks fondse in te samel om studente te help wat finansieel uitgesluit is, in ’n poging om ons deel te doen en ’n oplossing vir hierdie probleem te vind.

#Action4Inclusion doen ’n beroep op die medewerking van die samelewing en spoor almal aan om tot hierdie inisiatief by te dra met die wete dat alle bydraes gerig is op die verwesenliking van tersiêre opvoeding vir alle studente, die bevordering van maatskaplike geregtigheid, en die opheffing van ons samelewing.

  • Jou ondersteuning vir die #Move4Food-veldtog is ’n kragtige toonbeeld daarvan dat jy daartoe verbind is om jongmense se lewe en ons land se toekoms te transformeer. Klik hier om te sien hoe jou skenking elke dag ’n verskil in die lewe van US-studente maak.