Digitale Skenkersnuusbrief | Somer 2021

Noudat Suid-Afrika die einde van 'n tweede jaar in die kloue van COVID-19 nader, is iedereen bewus van die realiteit van hierdie “nuwe normaliteit”.

Benewens finansiële, sosio-ekonomiese en gesondheidsorg se gevolge wat ons samelewing steeds belemmer, kan die uitwerking van die pandemie op die land se onderrigstelsel eers in die komende jare sorgvuldig bereken word.

Alhoewel verskeie reddingsboeie vanaf die regering sowel as private instellings Suid-Afrikaanse burgers help, is dit ongelukkig die realiteit dat studente van buite die plaaslike grense die gevaar loop om te misluk.

In ‘n publikasie van die Universal Journal of Educational Research in April vanjaar, het navorsing deur Sunday Olawale Olaniran (Universiteit van Johannesburg) en Chinaza Uleanya (Universiteit van Suid-Afrika) aangedui dat die gevolge van die pandemie tans meer ernsig vir internasionale studente woonagtig in Suid-Afrika is.

Die studie het ook verder aangedui dat die gedurige sluiting van universiteitskoshuise “talle internasionale studente aan onnodige ontbering blootgestel het”.

Die Universiteit Stellenbosch het tans 187 geregistreerde Zimbabwiese finalejaarstudente (beide nagraadse en voorgraadse studente) wie se uitstaande studenteskuld wisselende bedrae is.

Vervolgens het 112 van die studente “geen ander finansieringsbronne” om hul opgehoopte skuld van net meer as R3 miljoen te dek teen die tyd dat hul studies voltooi sal word nie.

Die #Zim4Zim-projekfonds, wat as 'n inisiatief vir finansiële hulp deur die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge gestig is, het ten doel om te verseker dat hierdie studente finansiële ondersteuning kry om hul skuld te help betaal teen die tyd dat hulle in Desember 2021 of Maart 2022 hul studies voltooi.

‘n Paneel met alumni- en universiteitsverteenwoordigers sal toesig hou oor die verdeling van fondse. As dit suksesvol is, sal die projek verseker dat hierdie gegradueerdes hul fisiese graadsertifikate ontvang en dus onmiddellik na toepaslike werk kan begin soek.

 

HOE OM ‘N SKENKING TE MAAK:

Individue van Suid-Afrika wat aan die Fonds wil skenk, kan geld direk na 'n Standard Bank-lopende rekening oor- of inbetaal. Die rekeningnommer is 073006955 en die takkode, 050610.

Vir donasies van buite Suid-Afrika is 'n tjekrekening in die openbare sektor van Eerste Nasionale Bank beskikbaar gestel. Die rekeningnommer is 62107177083, die takkode 200610 en die Swift-kode FIRNZAJJ.

Weldoeners vanuit die Verenigde Koninkryk kan regstreeks skenk via Universiteit Stellenbosch se SA Foundation UK-rekening by National Westminster Bank, City of London. Die rekeningnommer is 39448843 en die sorteerkode is 60-00-01. Boonop kan donateurs hul skenking met 25% verhoog via Gift Aid. Vir meer besonderhede, kontak Darryn Havenga by darrynh@sun.ac.za.

Vir al drie bogenoemde oordragopsies, gebruik jou naam, van en #Zim4Zim as verwysing wanneer jy 'n bewys van betaling aan die Fonds se projekkoördineerder, Randall Adams, stuur by adamsr@sun.ac.za.