Landbou-Ekonomie

Fokusareas soos agribesigheidsbestuur, boerderybestuur, landelike en landboubeleid, landbou-bemarking, omgewingsbestuur en hulpbronekonomie, landbouproduksie en hulpbronbestuur, internasionale handel, bemarking en ekonometrie word bestudeer.

Baie van die Departement se bedrywighede spruit voort uit die Agrifutura-projek en die BFAP (Bureau for Food and Agricultural Policy), 'n gesamentlike projek met die Universiteit Pretoria en die Departement Landbou: Wes-Kaap. Navorsing is daarop gemik om begrip te kweek vir hoe die omgewing die landbousektor beïnvloed en inligting vir landboukundige bestuurslui en beleidmakers beskikbaar te maak. Navorsing is toegespits op die verbetering van die mededingendheid van die Suid-Afrikaanse landbou, op die uitwerking van beleidshervorming en op die optimale benutting van ons natuurlike hulpbronne.

Nagraadse kwalifikasies

Besoek die Fakulteit se Jaarboek vir die programme se leerplanne.

HonsBAgricAdmin (kursuswerk)

MScAgric (kursuswerk, navorsing)

MAgricAdmin (navorsing)

PhD (navorsing)

DScAgric (navorsing)

Vir meer inligting

Tel.: +27 (0)21 808 4758

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf