Interdissiplinêre program: BSc

Hierdie driejarige program het drie strome waarvan jy een kies:

  • Bioinformatika en Berekeningsbiologie
  • Biomediese Wiskundige Wetenskappe
  • Biowiskunde
  • Toegepaste Medisinale Chemie

Elke stroom lei tot 'n BSc-graad met 'n spesifieke kurrikulum wat geselekteerde studente in staat stel om interdissiplinêre voorgraadse studie te onderneem, en dit te kan opvolg met nagraadse studie in ingenieurswetenskap of bioinformatika, dit wil sê op 'n interdissiplinêre vlak.

Bogenoemde programsamestelling is anders as die huidige programme (behalwe vir die BSc in Biodiversiteit en Ekologie, en BSc in Aardwetenskap) wat op finalejaarsvlak twee hoofvakke het en studente tipieserwys voorberei vir nagraadse studie in een van die twee vakdissiplines wat as hoofvakke geneem is. Kyk die BSc Interdissiplinêre program se leerplan in ons Jaarboek

   Stroom: Bioinformatika en Berekeningsbiologie  

Enorme hoeveelhede biologiese data word deur hoogs gelyklopende metodes in moderne biologiese navorsing gegenereer. Bioinformatika en Berekeningsbiologie is die veld waarin rekenaars gebruik word om die data te berg, herwin en te analiseer. Hierdie datastelle kan byvoorbeeld die genoomopeenvolgings van diverse organismes of menslike populasies, die volledige proteïenstel van 'n organisme of weefsel, 'n uitgebreide groep metaboliete in 'n sel, of enige ander hoëdimensionele biologiese datastel insluit. in Bioinformatika en Berekeningsbiologie leer jy om biologiese vrae te bestudeer deur die datastelle te gebruik, databasisse te ontwerp om die toegang tot data te vergemaklik, of algoritmes en sagtewarehulpmiddels te ontwerp waarmee die datastelle geanaliseer kan word.

As bioinformatikus kan jy in groepsverband in die industrie of in die akademie werk waar jy sal help met databestuur, die ontwikkeling en implementering van sagteware, of navorsing.

Hierdie stroom lei tot ? honneursprogram in Bioinformatika en Berekeningsbiologie wat verder kan lei tot 'n MSc en ’n PhD in Bioinformatika en Berekeningsbiologie. Met die volg van toepaslike addisionele modules (wat moontlik 'n bykomende jaar van studie kan beteken) kan hierdie stroom ook lei tot honneursprogramme in Biochemie, Rekenaarwetenskap of Genetika.

   Stroom: Biomediese Wiskundige Wetenskappe

Hierdie stroom ontwikkel jou vermoë om te kan reflekteer oor en gevorderde oplossings te ontwikkel vir probleme wat die integrasie van kennis en vaardighede vanuit multidissiplinêre velde vereis, soos byvoorbeeld ingenieurswese, wiskunde en die natuurwetenskappe.  

Hierdie stroom lei tot ? honneursprogram in Fisiologiese Wetenskappe of in Wiskunde.

Of jy kan 'n graad in hierdie stroom opvolg met 'n nagraadse diploma in Ingenieurswetenskap, wat verder kan lei tot ? magistergraad in Ingenieurswetenskap en ’n PhD in Biomediese Ingenieurswese in die Fakulteit Ingenieurswese.

   Stroom: Biowiskunde

Daar is 'n groeiende vraag na navorsers met 'n sterk wiskundige agtergrond om in velde soos molekulêre biologie, sisteembiologie, bioinformatika en ekologie presiese modelle vir eksperimentele data te ontwikkel en te analiseer. Die Biowiskunde-stroom voorsien in hierdie aanvraag.

Biowiskunde is 'n breë interdissiplinêre gebied wat wiskundige, statistiese en berekeningstegnieke en hulpmiddels gebruik om fenomene wat in die biologiese, biomediese en omgewingswetenskappe voorkom, toe te lig - van vooruitskattings oor die invloed van MIV/vigs, malaria en tuberkulose, tot die effek van klimaatsverandering op Suid-Afrika.

Die Biowiskunde-stroom word verdeel in twee opsies waarvan jy een kies:

  • 'n Molekulêre Biologie-opsie wat lei tot 'n honneursprogram in Biowiskunde en, met die volg van toepaslike keusemodules, ook tot 'n honneursprogram in Biochemie; en
  • 'n Ekologie-opsie wat lei tot 'n honneursprogram in Biowiskunde.

As biowiskundige sal jy kan werk vir farmaseutiese maatskappye, die regering, gesondheidsorganisasies, in die landbou- of omgewingsektor, as klimatoloog, of as toekomsanalis of navorser.

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer na jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde by jou kwalifikasie voeg. Hiervoor moet jy voorgraadse vakke vir jou BSc neem wat jou in staat stel om twee skoolvakke aan te bied.

   Stroom: Toegepaste Medisinale Chemie

Die stroom Toegepaste Medisinale Chemie gee aan studente 'n breë, multidissiplinêre agtergrond in Chemie en Fisiologie om hulle voor te berei vir loopbane in die mediese, farmaseutiese en verwante gesondheidsindustrieë.

Hierdie stroom lei tot ? honneursprogram in Fisiologiese Wetenskappe of in Chemie.

   Toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 70%
  • Fisiese Wetenskappe 50%

Kyk ook toelating en keuring.