BSc in Rekenaarwetenskap

Die BSc in Rekenaarwetenskap-program rus jou toe met ’n uitgebreide kennis van rekenaarwetenskap, insluitend programmering, rekenaarstelsels, databasisse, netwerke, bedryfstelsels en gelyklopende programmering. Na afloop van die driejarige program sal jy verder kan studeer met die oog op ’n beroep in die industrie as programmeerder of in verskeie ander sagteware-, data- en tegnologieverwante rolle.

'n Graad in Rekenaarwetenskapgraad is ’n internasionale kwalifikasie waarmee jy vir nasionale of internasionale maatskappye sal kan werk of navorsing doen. ’n Verskeidenheid maatskappye maak van tegniese rekenaarspesialiste gebruik – van finansiële instellings wat sekuriteit moet waarborg tot maatskappye wat mobiele oplossings vir selfone ontwikkel. As jy ’n belangstelling in die besigheidswêreld het, kan jy ook as entrepreneur ’n eie besigheid begin wat rekenaaroplossings verskaf, of as onafhanklike konsultant of kontrakteur werk.

   Programinhoud

Die Rekenaarwetenskapprogram het vyf strome waarvan jy een kies. ’n Stroom is ’n kombinasie vakke wat mekaar aanvul om jou op ’n bepaalde beroepsrigting voor te berei. Alle strome het Rekenaarwetenskap as hoofvak en kan dus lei tot ’n honneursprogram in Rekenaarwetenskap. ‘n Tweede hoofvak kan tot ‘n honneursgraad in daardie studierigting lei, wat jou beroepsmoontlikhede verbreed. Hieronder volg 'n beskrywing van die program se strome en die soort beroepe waarvoor hulle jou voorberei. Vir die strome se onderskeie leerplanne (vakkombinasies), kyk ons Jaarboek.

Stroom 1: Algemene Rekenaarwetenskap (met 'n verskeidenheid ander vakke)

Hierdie stroom bied jou ?  keuse van vakke uit ? wye en interessante veld om met Rekenaarwetenskap te kombineer. Ons beveel aan dat jy benewens Rekenaarwetenskap ook  ’n tweede hoofvak uit ? spesifieke seleksie kies, wat vakke insluit wat in ander fakulteite aangebied word.      

Na voltooiing van jou BSc, kan jy ? honneursprogram in Rekenaarwetenskap volg. Afhangend van jou tweede hoofvak, kan hierdie program ook lei tot ? honneursprogram in Algemene Taalwetenskap, Ekonomie, Operasionele Navorsing, Statistiek, Toegepaste Wiskunde, Wiskundige Statisitek of Wiskunde, wat jou beroepsmoontlikhede kan uitbrei. 

Stroom 2: Rekenaarstelsels

As jy dalk meer in hardewarestelsels en -ontwerp belangstel, dan is hierdie stroom vir jou. Jy neem ’n aantal vakke in Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese saam met Rekenaarwetenskap as hoofvak. Na die voltooiing van jou BSc, kan hierdie stroom lei tot ? honneursprogram in Rekenaarwetenskap. Deur hierdie stroom te neem, sal jy die vaardighede ontwikkel wat nodig is vir beroepe soos rekenaarstelselontleder en sagteware-ontwikkelaar vir ingebedde stelsels.

Stroom 3: Datawetenskap

Vaardighede in data-analise en dataprosessering is deesdae in groot aanvraag. Hierdie insigte help instansies om effektiewe datagedrewe besluite te kan neem. Deur Rekenaarwetenskap saam met modules in Datawetenskap, Data-ingenieurswese en Statistiek te neem, verkry jy waardevolle en veelsydige vaardighede wat deure na werksgeleenthede in die gesondheidsektor, bankwese, konsultasiedienste en e-handelsbedryf oopmaak – om maar net ? paar te noem. Benewens ? honneurs in Rekenaarwetenskap, kan hierdie stroom ook lei tot ? honneursprogram in Statistiek of Wiskundige Statistiek, afhangend van jou vakkombinasie. 

Stroom 4: Rekenaarwetenskap met Genetika

Indien jy ‘n belangstelling in biologie het, bied hierdie stroom waarin jy Rekenaarwetenskap saam met Genetika neem, dalk vir jou interessante toekomsmoontlikhede. Afhangende van jou belangstelling, kan jy hierdie program opvolg met ‘n honneursprogram in Rekenaarwetenskap of in Genetika.

Stroom 5: Rekenaarwetenskap met Geografiese Inligtingstegnologie

Geografiese Inligtingstegnologie behels Geografiese Inligtingstelsels (GIS) en afstandwaarnemingstegnieke waarmee ruimtelike probleme weens mens-omgewingsinteraksie ontleed, verstaan, bestuur en opgelos word. Toegerus met hierdie soort kennis en vaardighede kan jy in aanmerking kom vir werksgeleenthede waar GIS-analise, georuimtelike modellering en analise of omgewingsbewaringsbeplanning gedoen word.   

Deur Geografiese Inligtingsegnologie met Rekenaarwetenskap te kombineer, kan jy na afloop van die program toegang verkry tot ’n honneursprogram in Rekenaarwetenskap of GeoInformatika. 

   Minimum toelatingsvereistes

  • 'n Gemiddelde prestasie van 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 70%
  • Enige ander skoolvak uit die aangewese lys van vakke vir universiteitstoelating 50%

EN

Indien jy Chemie of Fisika as keuse- of verpligte eerstejaarsuniversiteitsvak wil neem:

  • Fisiese Wetenskappe 50%

Kyk toelating en keuring.