BIng (Meganies)

   Wat is meganiese ingenieurswese?

Meganiese ingenieurswese word gekenmerk deur die beweging en oordraging van energie, soos byvoorbeeld in voertuie, vliegtuie, vaartuie, missiele, verkoelingstelsels, kragstasies en enjins, maar sluit ook in masjiene wat in alle vertakkings van die ekonomie gebruik word, onder andere prosesaanlegte en vervaardigingsnywerhede.

   Met watter kennis en vaardighede rus hierdie program jou toe?

Meganiese ingenieurs se belangrikste kennisareas is op 'n basis van wiskunde, fisika en chemie gebou. Die kennisareas sluit in Warmte-oordrag, Vloeidinamika, Sterkteleer, Dinamika en Meganiese ontwerp. Studente kan in die finalejaar een van drie spesialisasie-modules kies, nl. eindige-element-struktuuranalise, berekeningsvloeidinamika of instandhoudingskunde. Studente word ook aan sommige van die kern elemente van megatroniese ingenieurswese blootgestel.

Raadpleeg die leerplan in ons Jaarboek, bladsy 37.

   Werksgeleenthede vir meganiese ingenieurs

Meganiese ingenieurs se opleiding is veelsydig en lei tot 'n verskeidenheid loopbane wat gewoonlik die ontwikkeling, vervaardiging en/of bedryf van produkte en stelsels behels. Meganiese ingenieurs werk in die hele bereik van ondernemings, van groot multinasionale ondernemings tot klein konsultasievennootskappe.

Minimum toelatingsvereistes