Teologie

Die Fakulteit Teologie is 'n ekumeniese fakulteit wat akademiese opleiding in Christelike teologie volgens verskillende konfessionele oortuigings en kerklike tradisies bied. Die Fakulteit het in 1963 ontwikkel uit die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) se Kweekskool wat in 1859 gestig is. Dit is 'n oop fakulteit en lei per ooreenkoms predikante op vir die volgende denominasies:

  • Nederduitese Gereformeerde Kerk (NGK)
  • Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika (VGKSA)
  • Uniting Presbyterian Church in Southern Africa (UPCSA)
  • Anglican Church of Southern Africa (ACSA)
  • Volkskerk
  • United Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (UELCSA)

Die Fakulteit Teologie, een van die kleinste fakulteite aan die Universiteit, is 'n gasvrye, energieke en kreatiewe fakulteit waarin wetenskaplike teologie met integriteit beoefen word.

Die akademiese aanbod, met Christelike gereformeerde teologie as uitgangspunt, het verbreed sedert die Jeugwerk-program en die nuwe kurrikulum ingestel is wat 'n groot verskeidenheid van opsies vir voorgraadse studente ten opsigte van onderrig en navorsing bied. Die Fakulteit se voor- en nagraadse programme akkommodeer 'n breë spektrum van studente uit uiteenlopende gemeenskappe, kerke en lande.

   Onderrigtaal

Onderrig op voorgraadse vlak is in parallelle medium (aparte Afrikaanse en Engelse kontaksessies) of tweetalig (kontaksessie in beide Afrikaans én Engels) met inagneming van die taalvaardigheid van die studente.

   Verdere studie

Oorweeg gerus een van ons nagraadse programme as jy:

  • voorgraads in 'n ander rigting gestudeer het en nou graag verder in teologie wil studeer;
  • kerklike of Christelike bediening jou loopbaan wil maak; of
  • graag verder wil spesialiseer na jou voorgraadse, teologiese kwalifikasie.

Kyk die Fakulteit Teologie se webwerf vir meer inligting.

   Navrae

Dekaanskantoor (Marieke Brand)

Tel: 021 808 2142

E-pos

Die Fakulteitsadministrateur (Shirle Cornelissen)

Tel: 021 808 4850

E-pos

Webwerf