Huis Horison Gemeenskapprojek

Huis Horison is ‘n residensiële- en werksentrum in Stellenbosch wat fokus op die holistiese ontwikkeling van mense met intelektuele gestremdheid. Harmonie gesamentlik met Majuba manskoshuis lê elke Dinsdagaand besoek af by Huis Horison. Die hooffokus is om die inwoners holistiese te ontwikkel. Gedurende die dag werk die inwoners by ‘n werkstasie op die eiendom. Die inwoners word volgens hul intelektuele vermoëns en belangstellings ingedeel. Tydens ons weeklikse besoek word daar gefokus op die inwoners se behoefte aan emosionele en sosiale ontwikkeling. Ons streef daarna om rolmodelle vir die inwoners te wees. Ons geniet speletjies aande, sokker, lof en sang, lyndans, naels verf en pannekoek bak saam met die inwoners. Tot dusver het Harmonie en Majuba al wonderlike vriendskappe met Huis Horison inwoners gebou.