Agriwetenskappe

*Al ons nagraadse, akademiese programme is geskik vir internasionale studente

Enkele van die uitdagings waarmee die moderne agri-sektor te doen het, is die produksie van voedsel en plant- en dierevesel van goeie gehalte teen bekostigbare pryse op 'n volhoubare manier terwyl betekenisvolle bydraes aan landelike en ekonomiese welsyn gemaak word. Die moontlikhede hiervan word beïnvloed deur die uiteenlopendheid van ons land se topografie, grondsoorte, wisselende klimaat en beperkte waterbronne en nakoming van sowel omgewings- as streng produksie- en uitvoervereistes vir produkte afkomstig van hierdie sektor. Die globale vraag en aanbod situasie hou opwindende geleenthede vir hierdie sektor in wat sonder twyfel groot eise sal stel aan sy menslike en intellektuele kapitaalbronne. Die Fakulteit AgriWetenskappe wil in hierdie behoefte voorsien, in samewerking met sy bedryfsvennote. Ons vernaamste akademiese aanbod en onderrigprogramme word voortdurend, volgens die moontlikhede wat geskep word deur wetenskaplike navorsing van wêreldgehalte, in ooreenstemming gebring met die dinamiese behoeftes van die bedryf.

Die Fakulteit bestaan uit elf moderne, goed toegeruste departemente met besonder bekwame personeel wat toegewy is aan onderrig, wetenskaplike vooruitgang, samewerking met die bedryf en gemeenskapsdiens. Buiten die vele goed toegeruste laboratoria besit die Fakulteit ook twee proefplase vir opleidings- en navorsingsdoeleindes. Ons multidissiplinêre en geïntegreerde benadering, innovasies, wetenskaplike prestasies en ons relevante navorsings- en ontwikkelingsaktiwiteite maak ons van groot en relevante belang; ons geniet ook aansienlike internasionale erkenning. Ons strewe is om die wetenskap tot voordeel van die mens en die omgewing te laat werk.

Die belangrikste rigtings van navorsing word hieronder per departement weergegee.

Vir meer inligting

Fakulteitsadministrateur: Me Ghafsa Gamiet

Tel: +27 (0)21 808 9111

E-pos

Webwerf

Brosjures beskikbaar by departemente