Veekundige Wetenskappe

Die Departement spits sy navorsing hoofsaaklik toe op basiese en gevorderde aspekte in die fokusareas van toegepaste veevoeding, veeteling, reproduksiefisiologie en die bestuur van gedomestikeerde plaasdiere, wildspesies en akwatiese spesies om produkte van gehalte te verseker. Spesies waarop navorsing gedoen word sluit herkouerdiere (d.i. melkbeeste, vleisbeeste, skape en bokke), monogastriese diere (d.i. pluimvee, varke, volstruise en akwatiese diere) en sekere wildspesies in. Klem word gelê op die verbetering van die produksiedoeltreffendheid van plaasdiere deur gebruik te maak van tegnologieë relevant tot die bogenoemde fokusareas en deur navorsing oor aspekte van die betrokke diereprodukte se gehalte.

Studente wat belangstel in 'n magistergraad kan registreer vir die MSc (Agric) in Veekunde of in Akwakultuur in een van die volgende spesialisstudierigtings: dierevoeding, diereteling, dierefisiologie of diereprodukkunde.

Voornemende nagraadse studente wat oor 'n toepaslike driejarige BSc- of B-graadkwalifikasie beskik, kan aansoek doen vir die Nagraadse Diploma in Veekunde of Akwakultuur.

Nagraadse kwalifikasies

MScAgric (kursuswerk, navorsing)

PhD (navorsing)

DSc (navorsing)

Vir meer inligting:

Tel.: +27 (0)21 808 4740

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/animal-science