Genetika

Vir meer inligting:

Tel.: +27 (0)21 808 5839

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/genetics/Pages/default.aspx

Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB)

Tel.: +27 (0)21 808 3834

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/plant-biotech/Pages/default.aspx

Vir meer inligting:

Tel.: +27 (0)21 808 5839

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/genetics/Pages/default.aspx

Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB)

Tel.: +27 (0)21 808 3834

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/plant-biotech/Pages/default.aspx

Die Departement Genetika het goed ontwikkelde navorsingsprojekte oor 'n groot verskeidenheid onderwerpe soos kleingraanteling (korog, koring en rog); molekulêre karakterisering van wingerdvirussiektes en die ontwikkeling van virusweerstand; die oordrag van breëspektrum-viruswerende gene na spesifieke kultivars; asook graangenomika en plant-insek-interaksies (bv. weerstand in broodkoring teen die Russiese koringluis).

Navorsing word ook gedoen oor die genetiese siektes van die mens met die fokus op die molekulêre genetika van yster- en heemverwante siektes soos variegate porfirie en geneesmiddelmetabolisme.

Akwakultuurprojekte sluit in die teling van mariene en varswaterspesies vir byvoorbeeld verbeterde groeitempo en die genetiese bestuur van verskeie vis- en skulpvisspesies deur molekulêre merkeranalise.

Die Instituut vir Plantbiotegnologie bied vele interdissiplinêre programme aan, maar spesialiseer in die karakterisering en manipulering van primêre koolstofmetabolisme in plante. Die doel is om opbrengs en kwaliteit te verbeter of om nuwe hoëkwaliteitprodukte in plante te produseer.

Nagraadse kwalifikasies

MScAgric (kursuswerk, navorsing)

PhD (navorsing)

DScAgric (navorsing)