Hortologie

Navorsing is hoofsaaklik toegespits op die groei en reproduktiewe ontwikkeling van vrugtebome en fynbos, op vrug- en blomkwaliteit, op naoesfisiologie en op die gebruik van tegnologie. Die onderliggende fisiologiese meganismes van winterrus en bot, opleistelsels en snoei, vrugset en -uitdunning, en vrugteontwikkeling en -gehalte word verduidelik en praktiese tegnieke vir verbeterde opbrengs van hoëgehaltevrugte en -blomme word in die boord geëvalueer.

Naoesnavorsing fokus op die ondersoek van vrug- en blomhanteringsprotokols, verkoeling en opbergingstoestande vir die optimering van vrugte en blomme se raklewe en gehalte, sowel as die grondliggende fisiologie rakende selmembrane en -wande.

Alle navorsing is daarop gemik om die ekonomies belangrike vrugte- en fynbosbedrywe van Suid-Afrika meer kompeterend te maak op die oorsese mark.

Nagraadse kwalifikasies

MScAgric (kursuswerk, navorsing)

PhD (navorsing)

DSc (navorsing)

Vir meer inligting:

Tel.: +27 (0)21 808 4900

E-pos: Programkoördineerder

Webwerf: http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/horticulture/Pages/default.aspx