Plantpatologie

Navorsing en opleiding by die Departement Plantpatologie handel oor sommige van die belangrikste plantsiektes van landbougewasse in Suid-Afrika en internasionaal. Dit sluit siektes van druiwe, sagtevrugte, sitrus, groente en graangewasse in. Ons studente word opgelei om biotiese en abiotiese faktore, wat tot die ontwikkeling van hierdie siektes bydra, te ondersoek, en om hul toepaslik te bestuur.

Ons Departement bestudeer siektes wat in die veld voorkom voordat die gewas geoes word, asook siektes wat skade aan gewasse veroorsaak nadat dit geoes is, soos verval van uitvoervrugte en kontaminasie van graangewasse met mikotoksiene. Ons fokus ons navorsing op die akkurate identifikasie en opsporing van swampatogene, en op die gebruik van omgewingsvriendelike en volhoubare maniere om hulle te beheer. Hierdie metodes sluit geteikende fungisiedtoediening, bestuur van mikrobiese en planthabitatte, en die benutting van plantverdedigingsreaksies vir verbeterde siekteweerstand in.

Daar word van die nuutste tegnologieë beskikbaar in molekulêre biologie, genetika en genoomstudies, mikroskopiese en rekenaaranalises, en epidemiologiese modellering gebruik gemaak. Deur plantsiektes te verminder, het die Departement ten doel om die produksie van gesonde en veilige voedsel te verhoog ten einde die Suid-Afrikaanse bevolking te voed, en om landbouprodukte vir handel by plaaslike en internasionale markte, te voorsien.

Nagraadse kwalifikasies

HonsBSc (kursuswerk)

MSc (navorsing)

PhD (navorsing)

DSc (navorsing)