Programme in Wiskundige Wetenskappe (Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap)

Die Fakulteit bied twee graadprogramme in wiskundige wetenskappe aan, die BSc in Wiskundige Wetenskappe en die nuwe BSc in Rekenaarwetenskap. Laasgenoemde program word vanaf 2022 ingefaseer en vervang die stroom Rekenaarwetenskap wat deel van die BSc in Wiskundige Wetenskappe was.

Ons BSc in Wiskundige Wetenskappe bied 'n keuse uit ses strome wat verskillende dissiplines as fokus van studie het en waarvan jy een kies:

  • Abstrakte Wiskunde
  • Finansiële Wiskunde
  • Operasionele Navorsing
  • Toegepaste Wiskunde
  • Wiskunde
  • Wiskundige Statistiek

Ons BSc in Rekenaarwetenskap bied vyf strome, waarvan jy een kies:

  • Algemene Rekenaarwetenskap (met ? verskeidenheid  ander vakke)
  • Rekenaarstelsels
  • Datawetenskap
  • Rekenaarwetenskap met Genetika
  • Rekenaarwetenskap met Geografiese Inligtingstegnologie