BSc in Wiskundige Wetenskappe

Die BSc in Wiskundige Wetenskappe bied jou die geleentheid om 'n stroom volgens jou belangstelling te kies. In die eerste jaar is Wiskunde 'n verpligte vak vir alle strome. Die stroom wat jy kies, bepaal egter jou ander vakke en kan selfs vakke by ander fakulteite insluit, soos Ekonomie, Operasionele Navorsing en Musiektegnologie.

   Programinhoud

Hieronder volg 'n oorsig van die verskillende strome en hulle beroepsmoontlikhede. Kyk die leerplanne vir die onderskeie strome in die BSc in Wiskundige Wetenskappe in ons Jaarboek

Stroom: Abstrakte Wiskunde

Abstrakte Wiskunde is die keuse as jy Wiskunde as hoërskoolvak wil gee, universiteitsdosent of wiskundige wil word wat navorsing doen in interdissiplinêre wetenskaplike velde wat meer steun op strukturele wiskunde as analitiese wiskunde. Jy kan Wiskunde as eerste hoofvak kombineer met een van die volgende vakke as tweede hoofvak: Biochemie, Chemie, Fisika, Genetika, Rekenaarwetenskap of Toegepaste Wiskunde. Daar is ook die moontlikheid om Wiskunde as dubbele hoofvak te neem, wat jou dan 'n deeglike grondslag sal gee vir nagraadse studie in Wiskunde.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Wiskunde, en met die neem van toepaslike keusemodules, ook tot 'n honneursprogram in Biochemie, Chemie, Fisika, Genetika, Rekenaarwetenskap of Toegepaste Wiskunde.

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer na jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde by jou kwalifikasie voeg. Hiervoor moet jy voorgraadse vakke vir jou BSc neem wat jou in staat stel om twee skoolvakke aan te bied. Afhangende van jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied:

  • Wiskunde
  • Wiskundige Geletterdheid
  • Fisiese Wetenskappe
  • Lewenswetenskappe
  • Inligtingstegnologie

Stroom: Finansiële Wiskunde

Die doel van hierdie stroom is om 'n goeie begrip van die aard, omvang en toepassingsmoontlikhede van wiskunde in die finansiële sektor te ontwikkel. Met hierdie kwalifikasie sal jy 'n beroep in die bankwese, versekeringswese of beleggingsinstellings kan volg.

Met die volg van toepaslike keusemodules lei hierdie stroom tot 'n honneursprogram in Wiskunde of Wiskundige Statistiek.

Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer na jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde by jou kwalifikasie voeg. Hiervoor moet jy voorgraadse vakke vir jou BSc neem wat jou in staat stel om twee skoolvakke aan te bied.

Stroom: Operasionele Navorsing

Operasionele navorsing is 'n multidissiplinêre, wetenskaplike benadering tot besluitneming waarmee jy mense kan help om beter besluite te neem. Die oogmerk is om die beste oplossings vir komplekse probleme te vind deur die gebruik van skaars hulpbronne ten beste toe te wys. Hierdie stroom het 'n doelwitgeoriënteerde benadering met 'n sinergistiese styl en lewer graduandi wat oplossings vir kwantitatiewe probleme kan soek.

Jy kan as konsultant in die industrie optree of as proses- of stelseloptimeerder werk. Jy kan ook in die logistieke afdeling in die vervoer- en voorsieningsektore, of as projekontwikkelaar werk.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Operasionele Navorsing en, met die neem van toepaslike keusemodules, ook tot 'n honneursprogram in Biowiskunde, Ekonomie, Fisika, Genetika, Rekenaarwetenskap, Toegepaste Wiskunde of Wiskundige Statistiek. 

Stroom: Toegepaste Wiskunde

Hierdie stroom lei jou op om met jou kennis van wiskundige metodes en rekenaartegnieke verskeie kwantitatiewe en kwalitatiewe probleme uit die wetenskap en tegnologie op te los. Die opleiding bied aan jou die teoretiese en tegniese agtergrond in verskeie toepassings, soos die modellering van dinamiese prosesse, beeldverwerking, rekenaarsekuriteit, numeriese metodes en vloeimodellering. Met hierdie kennis sal jy die arbeidsmark in die nywerheid, bankwese en rekenaarbedryf kan betree.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Toegepaste Wiskunde en, met die volg van toepaslike keusemodules, ook tot 'n honneursprogram in Biowiskunde, Ekonomie, Operasionele Navorsing, Rekenaarwetenskap of Wiskunde.

Stroom: Wiskunde

Hierdie stroom rus jou toe met 'n grondige kennis van die aard, omvang en toepassingsmoontlikhede van wiskunde. Jy sal nagraadse studie in wiskunde kan voortsit, of 'n loopbaan kan volg waarin gesofistikeerde kwantitatiewe vaardighede en insig noodsaaklik is. Dit sluit beroepe in die industriële en besigheidsektor soos die bank-, versekerings- en beleggingswese in.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Wiskunde, en met die volg van toepaslike keusemodules, ook tot 'n honneursprogram in Biowiskunde, Ekonomie, Fisika, Operasionele Navorsing, Rekenaarwetenskap, Toegepaste Wiskunde of Wiskundige Statistiek.

Stroom: Wiskundige Statistiek

Die doel van hierdie stroom is om jou op te lei as 'n kundige wat die inligting wat in data opgesluit lê, te kan onttrek, ontleed en interpreteer. Jy leer ook om die hele proses te beplan. Hierbenewens word jy voorberei om 'n loopbaan te kan volg waarin 'n sterk wiskundig-statistiese agtergrond vereis word, soos in die bank- en versekeringswese.

Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Wiskundige Statistiek en, met die volg van toepaslike keusemodules, ook tot 'n honneursprogram in Biowiskunde, Ekonomie, Genetika, Operasionele Navorsing, Rekenaarwetenskap of Wiskunde.

   Minimum toelatingsvereistes

  • ’n NSS-gemiddelde van minstens 65% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 70%

EN

Indien jy Chemie of Fisika as 'n keuse- of verpligte eerstejaarsuniversiteitsvak wil neem:

  • Fisiese Wetenskappe 50%

Kyk toelating en keuring.