BIng (Elektries en Elektronies)

   Wat is elektriese en elektroniese ingenieurswese?

Elektriese ingenieurs is verantwoordelik die opwekking, transmissie en omsetting van elektriese energie (ook hernieubare energiebronne) in bedrywe soos elektrisiteitsvoorsiening, fabrieke en chemiese aanlegte, myne, munisipaliteite, spoorweë en hawens. Elektroniese ingenieurs spesialiseer in die beheer van elektriese en meganiese robotiese stelsels, veral ingeboude beheerders; die inwin, verwerking en verspreiding van inligting deur rekenaar- en kommunikasienetwerke soos selfoonnetwerke, Wi-Fi en mobiele datanetwerke; en die ontwerp van rekenaars en groot programmatuurstelsels.

   Met watter kennis en vaardighede rus hierdie program jou toe?

Die eerste deel van die program lê 'n basis van wiskunde, natuurwetenskappe en ingenieurswetenskappe wat relevant is vir alle elektriese en elektroniese ingenieurs, veral die tegnieke wat gebruik word om stelsels analities te modelleer en sistematies te ontwerp. Vanaf die tweede semester van die derde jaar kies studente een van die volgende spesialisrigtings: Telekommunikasie, Energie, Robotika of Informatika.

Raadpleeg die leerplan in ons Jaarboek, bladsy 33. 

   Werksgeleenthede vir elektriese en elektroniese ingenieurs

Elektriese en elektroniese ingenieurs is verantwoordelik vir die ontwikkeling, vervaardiging en/of bedryf van verskeie produkte of stelsels. Daar is vele beroepsmoontlikhede in die openbare en private sektore, van plaaslike owerhede tot informasie-tegnologie ondernemings, en van groot multinasionale maatskappy tot klein spesialismaatskappye. Die vakgebied bied aan entrepreneurs baie geleenthede om nuwe, klein hoëtegnologiebesighede te skep.

Minimum toelatingsvereistes