BIng (Elektries en Elektronies) met fokus Data-ingenieurswese

   Wat is data-ingenieurswese?

Data-ingenieurswese bevat alle take wat benodig word om data beskikbaar te stel vir analise, kennisontdekking en besluitnemingsprosesse. Die belangrikste taak van die data-ingenieur is om 'n organisasie se data-pypleidingstelsels te ontwikkel en in stand te hou, en algoritmes te implementeer om data na 'n bruikbare formaat vir analise te omskep. Die take van 'n data-ingenieur sluit in die insameling van data, die stoor van data, die sinchronisasie van data, transformasie van data, die skoonmaak van data, die bestuur van data en die ontwikkeling van data-modelle.

   Met watter kennis en vaardighede rus hierdie program jou toe?

Die eerste deel van die program lê 'n basis van wiskunde, natuurwetenskappe en ingenieurswetenskappe, met 'n groot klem op statistiek en rekenaarwetenskap. Studente ontwikkel die ingenieursvaardighede om wiskundige, fisiese en statistiese modelle van werklike stelsels te skep, insluitend datastelsels en kunsmatige intelligensie.

Raadpleeg die leerplan in ons Jaarboek, bladsy 33.

   Werksgeleenthede vir elektriese en elektroniese ingenieurs wat in data-ingenieurswese gespesialiseer het

Data-ingenieurs kan werk in enige organisasie wat komplekse stelsels het en data genereer - van korporasies tot konsultasiemaatskappye, van die kleinhandel tot hernubare produkte, van vervaardiging tot mynbou, en van finansies tot modes.

Minimum toelatingsvereistes